26 Maart 03:32
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

22°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Ekonomie
SA bly 3de viool speel

Suid-Afrika sal teen 2030 en selfs 2050 steeds tevrede moet wees met brons as dit kom by verwagte ekonomiese groei in Afrika – met Nigerië en Egipte wat mekaar na die kroon steek as die vasteland se grootste ekonomie.

PPP meer akkuraat

Wanneer lande se ekonomieë vergelyk word, word die waarde in Amerikaanse dollar aangegee. Dit is problematies omdat die wisselkoers, soos Suid-Afrikaners alte goed weet, deur ’n magdom faktore beïnvloed kan word.

’n Sterker of swakker rand kan dit dus outomaties laat lyk asof die land se ekonomie gegroei of gekrimp het, selfs al het die ekonomie in die plaaslike geldeenheid die omgekeerde gedoen.

Byvoorbeeld, Statistieke Suid-Afrika (SSA) se syfers toon dat Suid-Afrika se ekonomie in 1990 R290 miljard werd was. Teen die destydse wisselkoers van R2,59 per dollar was dit $112 miljard.

In 2002 het die wisselkoers tot R10,52 per dollar verswak en die ekonomie van R1 217 miljard is omgeskakel na $115 miljard.

Dus, al het die ekonomie in randwaarde vier keer (oftewel 319%) groter geword, lyk dit in dollar asof dit met minder as 3% gegroei het.

SSA sê as bloot die wisselkoers gebruik word, word prysverskille nie in ag geneem nie. Die antwoord daarop is BBP teen koopkragpariteit (PPP). PPP neem in ag dat sekere dienste of produkte dalk duurder of goedkoper kos in sekere lande op ’n manier wat nie deur bloot die wisselkoers weergegee word nie.

Die Wêreldbank bereken die PPP-waarde van elke geldeenheid. In 2015 was die PPP-wisselkoers R5,53 per dollar, terwyl die werklike wisselkoers R12,75 was. Die PPP-wisselkoers gee ’n meer akkurate beeld van hoe ’n ekonomie groei.

Die rangorde van die drie ekonomieë in Afrika bly dieselfde ongeag watter model gebruik word, met Nigerië die grootste, Egipte die tweede grootste en Suid-Afrika derde.

En die gaping tussen Suid-Afrika en sy noordelike mededingers kan net groter raak, volgens ’n ontleding deur PwC getiteld “The long view”. Hierin word projeksies gedoen op grond van die bruto binnelandse produk (BBP) teen koopkragpariteit (PPP) in 2016 in die wêreld se 32 grootste ekonomieë.

PwC projekteer dat die wêreldekonomie teen 2050 kan verdubbel – met die aannames dat ekonomiese beleid breedweg groeivriendelik sal wees (met geen volgehoue en langdurige terugkeer na proteksionisme nie) en geen globale katastrofes wat die beskawing in gevaar stel nie.

Suid-Afrika (29ste op die ranglys in 2016) sal teen 2030 volgens dié projeksies afskuif na die 30ste plek, terwyl Nigerië van 22ste tot 21ste sal opskuif.

Egipte se ekonomie sal na verwagting in KKP groei van die 21ste plek tot 19de.

Teen 2050 lyk die geprojekteerde prentjie heel anders met Egipte wat van die 19de plek tot 15de opskuif en Nigerië wat hom in die 14de plek die loef afsteek.

Suid-Afrika sal tussen 2030 en 2050 weliswaar met drie plekke na 27ste op die ranglys skuif, maar die gaping tussen hom en die noorde raak net groter.

Interessant genoeg is die projeksie dat Suid-Afrika teen 2050 vir Australië sal klop gemeet aan BBP teen PPP.

Ontluikende markte ‘oorheers’

Wat opval uit PwC se projeksies is dat ontluikende markte sewe van die toptienposisies in 2050 kan beklee.

Dié lande sal steeds die groei-enjins van die internasionale ekonomie wees.

Teen 2050 kan die sogenaamde O7-ekonomieë hul deel van die internasionale BBP van sowat 35% tot byna 50% vergroot.

China kan in 2050 die grootste ekonomie in die wêreld wees, met ’n bydrae van ruim 20% tot die internasionale BBP, met Indië in die tweede plek, die VSA derde en Indonesië vierde.

’n Aantal ander ontluikende markte sal in die kollig wees. Mexiko kan Brittanje en Duitsland teen 2050 verbysteek in BBP teen KKP en ses van die sewe grootste ekonomieë kan teen dan ontluikende ekonomieë wees.

Om aan hul groeipotensiaal te voldoen, sal ontluikende markte strukturele hervormings moet doen om hul makro-ekonomiese stabiliteit te verbeter, diversifiseer om nie te veel op natuurlike hulpbronne staat te maak nie (wat tans die geval is) en meer doeltreffende politieke en regsinstellings moet ontwikkel, aldus PwC.

EU boer agteruit

Die EU27 se aandeel in die wêreld-BBP kan teen 2050 minder as 10% beloop, kleiner as dié van Indië.

Lande wat die vinnigste kan groei

PwC projekteer dat die ekonomieë van Viëtnam, Indië en Bangladesj in die tydperk tot 2050 die vinnigste kan groei. Brittanje het die potensiaal om die gemiddelde groei van die EU27 verby te steek nadat die aanvanklike impak van Brexit hom uitgespeel het, maar Pole kan volgens die projeksie die vinnigste groei in die streek.

Gemiddelde inkomste

Die gemiddelde inkomste kan teen 2050 steeds hoër wees in ontwikkelde ekonomieë, maar ontluikende lande behoort goeie vordering te maak om die gaping te oorbrug.

Dit sal baie goeie geleenthede skep vir ondernemings wat bereid is om in dié ekonomieë te belê.

“Maar sulke beleggers sal bereid moet wees om ekonomiese storms te deurwinter, soos onlangs beleef is in Brasilië, Nigerië en Turkye, wat almal aansienlike potensiaal op lang termyn het,” volgens PwC se ontleding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.