23 Julie 00:37
Kaapstad Verander Area

Sondag

17°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 40km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 63%

Woensdag

13°C / 9°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 13km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 56%

Vrydag

17°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Ekonomie
‘SA het nuwe denkwyse oor ekonomie nodig’
Prof. Raymond Parsons

Nenegate het groot onsekerheid oor Suid-Afrika se ekonomiese beleid veroorsaak en dit verhoog die risiko van rommelstatus vir die land.

Dit is die bevinding in die nuutste beleidsonsekerheids­indeks van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, wat gister in Johannesburg bekend gemaak is.

“Onsekerheid oor beleid kan ’n reuse-invloed hê op ekonomiese groei en ons het ’n beduidende toename in onsekerheid gesien weens verskeie gebeure in Desember,” sê prof. Raymond Parsons van die sakeskool.

“Die effense sekerheid wat die mediumtermyn-begrotingsraamwerk einde verlede jaar gegee het, is redelik ongedaan gemaak deur die gebeure van Desember,” sê hy.

“Suid-Afrika gaan nie uit sy huidige lae-groei-valstrik kom as hy nie dringend ’n nuwe denkwyse en sterk leierskap kry om ’n sterker, groter en beter ekonomie te bou nie,” sê Parsons.

“Hoewel daar baie ander aspekte is wat die ekonomie onder druk plaas, behoort die eerste punt op Pravin Gordhan, minister van finansies, se agenda te wees om onder geen omstandighede as ‘rommel’ deur die groot kredietgraderingsagentskappe gegradeer te word nie.”

Volgens hom gaan minder onsekerheid oor hoe beleidsbesluite geneem word van kardinale belang wees.

Hy wys daarop dat die regering op die onlangse beraad van die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos beleidsekerheid beloof het.

Die beleidsonsekerheidsindeks is ’n nuwe maatstaf wat deur die sakeskool ontwerp is.

Drie sleutelaspekte word elke kwartaal gemeet om ’n aanduiding te gee van hoe seker of onseker ekonome en die sakewêreld in geheel is oor hoe beleid die ekonomie beïnvloed.

Prof. Waldo Krugell Foto: Elvira Wood

Die veranderlikes wat gemeet word, is die menings van die pers, ekonome en vervaardigers.

Die eerste opname is in die derde kwartaal van 2015 gedoen en dié bevindinge is as die basis gebruik.

’n Indekspunt van 50 is gegee as gemiddeld.

Die opname is vir die vierde kwartaal herhaal en die indeks het gestyg tot 55,4.

“Die styging van 5,4 indekspunte is inderdaad ’n groot styging, selfs al het ons nog nie historiese data nie,” sê prof. Waldo Krugell van die sakeskool.

“Die eerste studie is wel oor ’n tydperk gedoen wat reeds as onseker beskryf kan word, so ons gaan net oor ’n langer tydperk regtig kan sien hoe groot die invloed van sekere gebeure is,” sê hy.

Annabel Bishop, ekonoom by Investec Bank, stem saam.

“Dit is inderdaad moeilik om te kies wanneer om die basisnavorsing te doen, en ek vermoed die impak op die vlak van onsekerheid aan die einde van 2015 word steeds effens ­laer weerspieël op die indeks as wat dit werklik is.

“Die bekendstelling van hierdie indeks is egter baie positief en sal ’n beter beeld skep oor wat onsekerheid oor die ekonomie skep, al dan nie,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.