24 Maart 12:07
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 16°C

Wind 44km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Saterdag

22°C / 14°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Sondag

22°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

21°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Woensdag

24°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Ekonomie
Sakevertroue daal effe in Desember
Sakevertroue het in Desember effens gedaal vergeleke met November.

Sakevertroue het in Desember effens gedaal vergeleke met November, hoewel sakevertroue aan die einde vir die jaar beter was as ’n jaar gelede.

Daar moet egter in gedagte gehou word dat sakevertroue in Desember 2015 baie laag was, sê die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN).

Die indeks het in Desember met 0,1 punte tot 93,8 punte gedaal.

Dit was egter 1,6 punte beter as in Desember 2015, toe dit met ’n aansienlike 10 punte op ’n jaargrondslag geval het.

Volgens die SAKKN het die indeks in Desember vir die eerste keer sedert Februarie 2015 verbeter teenoor ’n jaar tevore.

Gedurende 2016 het sakevertroue goed herstel tot Julie, toe die indeks op 96 punte was, maar dit het verswak en in September ’n laagtepunt van 90,3 punte bereik. Sakevertroue het egter na die einde van die jaar toe kop opgetel.

Die sterker rand teenoor die dollar het ’n waarneembare positiewe uitwerking op sakevertroue gehad in 2016 vergeleke met 2015, volgens die SAKKN.

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), kredietgradeerders, die private sektor en nasionale tesourie het almal areas in die ekonomie geïdentifiseer wat verbeter moet word, sê die SAKKN.

“Die beweegruimte wat die kredietgradeerders in Desember 2016 gegee het deur die land se beleggingstatus te behou, het Suid-Afrika die geleentheid gegun om sake te takel wat die ekonomie terughou.

“Nie net lei dit daartoe dat welvaart nie geskep word nie en dat werkloosheid toeneem, maar daar is ook gevolge vir die openbare sektor en huishoudings se skuld, dit kalwe spaargeld weg, verswak kapitaal en lei tot laer investering – alles faktore wat sal voortgaan om toekomstige ekonomiese groei ernstig te knou,” sê die SAKKN.

Volgens die SAKKN is daar toenemend internasionale en plaaslike onsekerheid op politieke, ekonomiese en institusionele vlak.

“Uitdagings kan nuwe geleenthede skep vir ekonomieë en lande. Dit kan groter momentum gee vir beter sakevertroue.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.