23 Augustus 13:56
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Ekonomie
S&P min gepla oor mislukte mosie
S&P meen een ding wat wel tot 'n verlaging in Suid-Afrika se kredietgradering kan lei, is as die Reserwebank se onafhanklikheid aangetas word.

Die feit dat pres. Jacob Zuma nog ’n mosie van wantroue teen hom oorleef het, het geen impak op die internasionale kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) se siening oor die land se kredietgradering nie.

Zuma het Dinsdag die mosie met 198 stemme teenoor 177 oorleef.

“Die mislukking van die mosie van wantroue beteken die status quo duur voort,” sê Gardner Rusike, hoofontleder van S&P vir Suid-Afrika.

Hy sê egter die politieke risiko bly hoog en dit bring risiko’s vir die Suid-Afrikaanse ekonomie mee.

Hy sê die redelike groot getal ANC-lede wat saam met die opposisie gestem het, is onverwags en toon die verdeling in die party. Dit kan ’n impak op die ANC se leierskapverkiesing in Desember hê en dalk selfs met die nasionale verkiesing in 2019.

Wat wel vir S&P belangrik is, veral wat betref staatseffekte wat in rand uitgereik is, is die onlangse uitsprake oor die Reserwebank.

As die plaaslike skuld afgegradeer word tot onder beleggingsgraad kan tot $10 miljard deur buitelandse beleggers uit plaaslike staatseffekte onttrek word.

Rusike sê as die Reserwebank se onafhanklikheid verswak word, kan dit moontlik een van die faktore wees wat tot ’n afgradering van Suid-Afrika se buitelandse en binnelandse skuld sal lei.

Hy sê die jongste beoogde reddingsplan van die Suid-Afrikaanse Lugdiens teen $1 miljard gaan onwaarskynlik tot ’n verdere afgradering lei. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.