25 Maart 11:52
Kaapstad Verander Area

Saterdag

21°C / 14°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Ekonomie
Uit Afrika: Engen en hoender in Zambië.

Engen en hoender in Zambië

Die brandstofmaatskappy Engen het ’n Chicken Corner gevoeg tot die Corner Bakery-handelsmerk wat hy by van sy vulstasies in Zambië aanbied.

Die Chicken Corner is ’n hoenderkitskosrestaurant en is gewild in Afrika suid van die Sahara.

Engen het 36 vulstasies in Zambië waarvan 16 Quickshops het en nege die Corner Bakery. Nog twee vulstasies is tans in aanbou, wat albei die geriefswinkels sal hê.

Corner Bakery is deel van die Retsol-groep van Mauritius. Retsol het Chicken Corner begin om voordeel te trek uit die groeiende vraag na hoender.

Chicken Corner dink egter in Zambië mee met KFC, ZamChick, Chicken Inn en Hungry Lion.

Russe koop Afrika-koolstofkrediete

Aera Group, die grootste verkoper van koolstofkrediete wat deur groenkrag- of kweekhuisgasverminderende projekte in Afrika gegenereer word, het sy eerste transaksie met die Russiese Koolstoffonds gesluit.

Die transaksie is via ’n “blockchain”-transaksie gedoen.

Die Russiese fonds benut die koolstofkrediete op sy beurt om Russiese maatskappye en lugdienspassasiers te help om hul koolstofvoetspoor te verklein.

Aera verhandel koolstofkrediete van 40 projekte in 18 Afrikalande.

Orange in Burkina Faso

Die Franse telekommunikasiegroep Orange het sy handelsmerk in Burkina Faso in Wes-Afrika bekend gestel.

Orange wil Orange Money in Burkina Faso uitbrei. Dit is sy diens om internasionale geldoordrag via ’n selfoon moontlik te maak. Hy wil ook sy optieseveselnetwerk uitbrei.

Orange het minder as ’n jaar gelede Airtel oorgeneem, waardeur hy ’n vastrapplek in die land gekry het. Hy het 6,3 miljoen intekenare in Burkina Faso.

Zambië verwag beter mielieoes

Zambië verwag sy mielieoes vir vanjaar kan tot meer as 3 miljoen ton wees. Maar die regering gaan die verbod op mielie-uitvoer handhaaf totdat oesvooruitskattings later vandeesmaand ontvang word.

Dora Siliya, die Zambiese minister van landbou, het in Lusaka gesê Zambië wil eers teen einde Maart sien of die land genoeg mielies vir eie gebruik het voordat die verbod op mielie-uitvoer opgehef kan word.

Goeie reën het die impak van die plaag van kommandowurms teengewerk wat sowat 20% van die aangeplante gebiede geraak het, en dit lyk of Zambië verlede jaar se oes van 2,87 miljoen ton kan oortref. Die verbod op mielie-uitvoer is in April verlede jaar ingestel ná voedseltekorte weens twee jaar van droogte.

Nuwe brug in Lagos

Die Lagos-deelstaat in Nigerië sê ’n nuwe brug gaan van die Lagos-eiland na die vasteland gebou word.

Die Fourth Mainland-brug sal vier bane hê en ’n verwagte
$2,66 miljard kos, wat die koste van toegangspaaie insluit.

’n Mededingende tenderproses gaan gebruik word en die kontrak sal ingevolge ’n boubedryf-oordragmodel toegeken word. Die tydperk wat die private sektor die brug sal bedryf en wanneer bouwerk moet begin en klaar wees, is nog nie vasgestel nie.

Die vorige brug van die eiland na die vasteland is 25 jaar gelede gebou en die planne vir die nuwe brug is al in 2003 opgestel, maar finansieringsprobleme en kommer oor die geboue wat platgeslaan moet word om vir die brug plek te maak, het tot dusver die projek vertraag.

Kenia wil meer passasierskepe lok

Kenia verwag vanjaar meer toeriste wat die land per skip besoek danksy die voltooiing van ’n nuwe eindpunt vir passasierskepe in die hawe van Mombasa wat later vanjaar voltooi word.

Die Kenia-haweowerheid het in Desember begin bou aan ’n eindpunt vir plesierbote teen ’n koste van 350 miljoen Keniaanse sjieling, en dit sal na verwagting in September klaar wees. Die seisoen vir passasierskepe strek van November tot Maart.

Die plesierboot MS Silver Cloud wat deur Silversea Cruises bedryf word, het verlede week na die Seychelle vertrek ná een dag in die hawe van Mombasa. Dit was die laaste skeepsbesoek van die afgelope seisoen.

Die skip het van Zanzibar gekom met 255 passasiers en 224 bemanningslede. In die vorige seisoen het tien passasierskepe Mombasa aangedoen en meer as 6000 toeriste na die land gebring, maar in die afgelope seisoen was daar net vier besoeke. – Saamgestel uit persverklarings, Bloomberg, African Business Magazine en Business Daily.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.