26 April 07:53
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Ekonomie
Vere waai al weer in hoenderoorlog
Lede van die vakbond Fawu tydens ’n betoging teen goedkoop invoer van Europa.

Hoenderinvoer uit Europa is nie storting nie, het die Europese Unie (EU) teruggekap ná beskuldigings hieroor deur die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa).

In ’n onlangse verklaring sê die EU-afvaardiging in Suid-Afrika hy is ook nie te blameer vir die wydverspreide werksverliese in die plaaslike pluimveebedryf nie.

’n Hou word ook gemik na wat as “Sapa se massiewe veldtog in die media teen pluimvee-invoer uit die EU” bestempel word.

FairPlay, die plaaslike kampvegter teen storting, het die afgelope maande namens Sapa ’n openbare veldtog gevoer om die storting van hoenderprodukte in Suid-Afrika te stuit.

Die EU-afvaardiging sê intussen as daar sprake van storting was, sou Sapa ’n klag by die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) gelê het oor storting, soos hy in die verlede gedoen het.

“Hy het nie, en die Suid-Afrikaanse owerhede het self erken dat storting nie die kwessie is nie,” lui die EU-verklaring.

Die EU sê verder dat die uitbreking van voëlgriep in ’n aantal EU-lande ’n daling van meer as 66% in die uitvoer van bevrore hoenderstukke aan die been veroorsaak het en dat daar nie “soos ons nou hier praat” enige storting plaasvind nie.

Fairplay: EU-verklaring is eenogig

Francois Baird, woordvoerder van FairPlay, sê dié bewoording is misleidend.

“Daar is geen melding van EU-storting in die verlede of dat Nederland, Brittanje en Duitsland reeds deur Itac skuldig bevind is aan storting of dat storting sal styg as uitvoer weer hervat nie. Daar word net beweer dat dit nie tans plaasvind nie.”

Die EU-afvaardiging wys in sy verklaring daarop dat die gemiddelde invoer van bevrore hoenderporsies aan die been verlede jaar nie meer as 200 000 ton was nie, wat minder as 10% van die plaaslike verbruik was.

“Ons kan nie sien hoe so ’n relatief matige markaandeel die grootste oorsaak vir die probleem in die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf kan wees nie.”

Baird sê egter die EU laat self net 7% ingevoerde hoenderprodukte in sy mark toe, terwyl die totale hoenderinvoer uit verskeie lande na Suid-Afrika 26% is.

“Dié persentasie is beslis problematies.”

EU-lande kan net na ons toe uitvoer as hulle stort, anders sou hul produkte hier heelwat duurder as ons s’n wees
Kevin Lovell van Sapa

Volgens Kevin Lovell, uitvoerende hoof van Sapa, was daar nege EU-lande met die reg om na Suid-Afrika uit te voer toe die teenstortingsaansoek ingedien is.

“Net drie van die nege lande was bokant die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se minimum drempel wat markaandeel betref. Itac het in al drie gevalle in ons guns bevind.”

Hy verduidelik die invoertariewe wat Itac ingestel het, was te laag in die geval van Nederland en Brittanje wat aanhou stort het, maar dit was doeltreffend teen Duitsland.

Daar was geen bevinding teen die ander lande nie aangesien die WHO se reëls volgens Lovell toe bepaal het dat hulle nie ondersoek kon word nie.

“Ons moes op data oor produksiekoste staatmaak om te bewys dat hulle ook stort. Volgens ’n studie van die Universiteit van Wageningen in Nederland kan Suid-Afrika heel geslagte hoender vir ’n laer prys per kilogram produseer as enige van die EU-lande wat deur dié universiteit ondersoek is.”

Hoenderstukke is duurder as as heel hoender

Lovell sê dit is duidelik dat enige hoenderstuk per kilogram meer as ’n heel hoender kos, afhangend van die ekstra werk om die porsie te produseer.

“Met ander woorde, EU-lande kan net na ons toe uitvoer as hulle stort, anders sou hul produkte hier heelwat duurder as ons s’n wees. Die ander sewe EU-lande stort ook, daar is net nog geen Itac-bevinding teen hulle nie.”

Lovell sê Sapa het ’n aansoek om ’n beskermingstarief ingedien wat hoenderporsies aan die been uit al 28 EU-lande sal insluit.

“Afhangende van hoe suksesvol hierdie aansoek is, sal ons besluit of ons steeds verdere teenstortingsaansoeke sal indien teen die ander sewe EU-lande wat hierheen uitvoer, waarvan ’n aantal nou wel bokant die WHO se drempel is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.