Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Ekonomie
Verrassing, kyk wie is rykste in Afrika!

Suid-Afrikaners is toe nie die rykste in Afrika nie, toon ’n nuwe verslag wat deur AfrAsia Bank en New World Wealth uitgereik is.

Die gemiddelde rykdom van ’n persoon in Suid-Afrika per kapita was $11 300 (sowat R149 000) in 2016.

Dit is hoër as die $10 800 (R142 500) wat dit in 2015 was.

Die mense van Mauritius is die rykste in Afrika.

Hul welvaart per kapita beloop $25 700 (sowat R339 000).

Die verslag toon Zimbabwiërs is die armste in Afrika met welvaart per kapita van net $200 (sowat R2 600) per persoon.

Namibiërs is die derde rykste op die vasteland met die gemiddelde individue wat $10 800 (sowat R142 500) verdien gevolg deur mense in Botswana met $6 700 (sowat R88 400).

Vir die doel van die verslag verwys welvaart na die netto bates van ’n persoon en sluit al hul bates in soos eiendom, kontant, aandele en belange in maatskappye met hul aanspreeklikhede afgetrek.

Hulle verkies om welvaart per kapita te gebruik in plaas van BBP per kapita. In baie lande vloei ’n groot deel van die BBP na die regering en het dus min invloed op die welvaartskepping van private mense, veral in Zimbabwe, volgens die verslagskrywers.

Suid-Afrika het die meeste dollar-miljoeners of individue met ’n hoë netto batewaarde.

Dit is mense wat $1 miljoen (sowat R13,2 miljoen) of meer besit.

Daar is sowat 40 400 van hulle.

Boonop is daar omtrent 2 130 mense wat welvaart van meer as $10 miljoen (sowat R132 miljoen) het.

Na hulle word as die mense met die miljoene verwys.

Egipte is hier in die tweede plek, gevolg deur Nigerië, Kenia, Angola en Morokko.

Die Demokratiese Republiek van die Kongo het die minste individue met ’n hoë nettobatewaarde en miljoenêrs.

As na die totale welvaart gekyk word van mense wat in elke land woon, is Suid-Afrika boaan die lys met $610 miljard, gevolg deur Egipte ($313 miljard) en Nigerië ($270 miljard).

Zimbabwe was weer in die laaste plek met ’n totale welvaart van $3 miljard. – Fin24

Meer oor:  New World Wealth  |  Welvaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.