26 April 17:34
Kaapstad Verander Area

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 84%

Dinsdag

21°C / 16°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Energie
Coega oortref eie teiken vir beleggers

Die Coega-ontwikkelingskorporasie is goed op pad om die 2016-’17-geldjaar veel beter as die beplande teiken vir nuwe beleggers af te sluit.

Volgens dr. Ayanda Vilakazi, hoof van bemarking en kommunikasie van die korporasie, is dit klinkklare bewys dat Suid-Afrika en die Oos-Kaap steeds voorkeurbestemmings is vir voornemende beleggers, selfs in moeilike ekonomiese tye.

Nie alleen beteken dit dat 6 231 direkte werksgeleenthede op kort- tot mediumtermyn geskep sal word nie, dit weerspieël ook die diversiteit van die Oos-Kaapse ekonomie.
dr. Ayanda Vilakazi

Sedert April 2016 het die korporasie 13 nuwe beleggers verwelkom, 186% meer as die sewe wat die teiken was. “Dit bring die beleggingswaarde vir die finansiële jaar tans op R11 817 miljard te staan, wat 1 032% meer as die teiken van R1,145 miljard is,” aldus Vilakazi.

“Nie alleen beteken dit dat 6 231 direkte werksgeleenthede op kort- tot mediumtermyn geskep sal word nie, dit weerspieël ook die diversiteit van die Oos-Kaapse ekonomie.”

Hy het gesê die korporasie ervaar ’n nuwe tendens wat betref beleggers wat nie hoofsaaklik uit die motorbedryf kom nie.

“Die vernaamste beleggers tans sluit in ’n beligtingsaanleg, logistiese operateurs, groen energie -maatskappye, farmaseutiese firmas en agroverwerkers. Uiteraard maak ons steeds voorsiening vir die voertuigsektor, met grond wat reeds gebreek is vir die Beijing Automobile International Corporation (BAIC) om ’n aanleg vir die giet van plastiekvorms vir verpakking te bou.”

Volgens Vilakazi is die verskepings en logisties verwante beleggings ’n aanduiding van die tendens dat die Ngqura-hawe ook nou tot sy reg kom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.