28 Junie 19:37
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Energie
DA: 'Eskom vra kwytskelding vir sy kernkragtender'

Die DA beweer Eskom het by die nasionale tesourie se verkrygingshoof aansoek gedoen om van sekere verkrygingsprosedures kwytgeskeld te word om sy kernkragtender te versnel.

Gordon Mackay, DA-woordvoerder oor energie, sê sy party het betroubaar verneem dat Eskom gevra het om kwytgeskeld te word van die standaard vir infrastruktuurverkryging en leweringsbestuur (SIPDM) – ’n voorgeskrewe standaardprosedure vir verkrygings deur die staat.

Mackay sê dit is ’n poging om die kernkragbouprogram te versnel, maar “om oorhaastig deur die verkrygingsproses te jaag, is eenvoudig onaanvaarbaar en die DA sal enige poging om dit te doen, teenstaan”.

Volgens hom gaan die DA parlementêre vrae rig om te bevestig of Eskom wel vir kwytskelding gevra het, om vas te stel presies wat die aard van die kwytskelding is en om te vra of die aansoek toegestaan is en, indien wel, op watter grondslag.

Die DA wil ook ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) indien om afskrifte te kry van al die relevante korrespondensie tussen Eskom en die verkrygingshoof rakende die aansoek.

Volgens die DA se bronne blyk dit Eskom wil kwytskelding hê van die vereiste om ’n volledige lewensvatbaarheidsraming vir sy voorgestelde kernkragbouprogram te voorsien.

Ten tyde van publikasie het Eskom nog nie op navrae gereageer nie.

Die SIPDM spruit uit aanbevelings deur die Nasionale Beplanningskommissie en is ’n instruksie ingevolge art. 76 van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies, blyk uit ’n dokument van die tesourie.

Dit is van toepassing op alle nasionale en provinsiale staatsdepartemente, enige openbare onderneming wat in bylae 1, 2 en 3 van die wet genoem word en enige staatsonderneming wat infrastruktuurprojekte namens ’n ander staatsonderneming aanpak.

Dis daarop gemik om seker te maak die voorsieningsketting vir die verkryging en lewering van infrastruktuurprojekte bied waarde vir geld en goeie diens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.