29 Mei 23:03
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Energie
Eskom kla oor Tegeta-verslag uitlek
Tegeta se Optimum-steenkoolmyn wat sentraal is in die twis oor steenkoolverskaffing by Eskom.Foto: GoogleEarth

Eskom sê dis baie gerieflik en toevallig dat die nasionale tesourie se konsepverslag oor sy aanstelling van Tegeta Exploration and Resources ’n dag voordat hy kommentaar moes lewer by die media uitgekom het.

Tegeta behoort aan die omstrede Gupta-familie.

Business Day het Vrydag berig dat die tesourie volgens die konsepverslag wil hê dat die R659 miljoen wat Eskom aan Tegeta betaal het in ’n lening verander moet word en met rente terugbetaal word.

“Terwyl Eskom volstoom werk om sy kommentaar vir môre [Vrydag] vir die tesourie te finaliseer het hy met skok uitgevind dat die verslag aan die media uitgelek is,” sê Eskom in ’n verklaring.

Hy waarsku dat sy kommentaar nou as irrelevant beskou kan word aangesien die indrukke wat in die verslag geskep word deur die publiek as ’n werklikheid gesien gaan word.

Eskom het sy kommer uitgespreek dat die verslag bekend geword het voordat hy kans gehad het om op die bewerings te reageer.

“Eskom pleit by alle Suid-Afrikaners wat dalk die verslag onder oë kry om versigtig te wees aangesien die inhoud daarvan nog gefinaliseer moet word en spekulatief is om die minste te sê want Eskom het nog nie daarop gereageer nie.

“Die inhoud daarvan bevat nie finale regstellende aksies nie.”

Die kragvoorsiener sê hy bly daartoe verbind om saam met die tesourie te werk om finaliteit oor die aangeleentheid te kry.

Business Day berig daar is geen bewys dat die geld wat Eskom aan Tegeta betaal het op die aankoop van toerusting vir sy mynbedrywighede bestee is nie.

Hy wil nou glo hê dat die bedrag aangedui word as ’n onreëlmatige uitgawe en dat ondersoek ingestel word oor of Eskom gefaal het om onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes te keer.

Die rente wat betaalbaar sal wees, sal deur ’n ouditeursfirma wat deur die tesourie aangestel gaan word, bepaal word. Tegeta of die betrokke Eskom-amptenare sal verantwoording moet doen.

Schalk Human, waarnemende hoof van verkryging by die tesourie, wat die verslag geteken het, sê Brian Molefe, die voormalige hoof van Eskom, kon die fiskus mislei het toe hy in Augustus 2016 geskrewe versekering gegee het dat steenkool wat van Tegeta bekom is aan die kragvoorsiener se standaarde voldoen het.

Die verslag is glo reeds twee weke gelede aan Tegeta en Eskom gestuur en hulle het kans tot Vrydag om kommentaar te lewer.

Sou hulle nie reageer nie, beteken dit hulle stem saam met die verslag se bevindinge.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.