29 Junie 04:15
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Energie
Moody’s verwelkom firma se besluit oor kernkrag
Die Amerikaanse kragfirma Entergy se Indian Point-kernkragstasie aan die Hudsonrivier naby New York. Die kernkragstasie kan net meer as 2 000 MW opwek, maar gaan in 2021 gesluit word.Foto: Entergy

Terwyl Suid-Afrika mik om sy kernkragvermoë uit te brei, is kragmaatskappye in Amerika besig om stelselmatig hul kernkragstasies te sluit.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het Donderdag in ’n nuusbrief so ’n besluit van die Amerikaanse kragfirma Entergy verwelkom.

Ryan Wobbrock, senior ontleder van Moody’s, sê Entergy se besluit om sy Indian Point-kernkragstasie in New York te sluit, is krediet-positief vir die maatskappy want dit sal sy sakerisiko verlaag wat met die bedryf van kommersiële kernkragstasies verband hou.

Ná Entergy se besluit vroeër die week het Moody’s selfs die maatskappy se gradering op hersiening geneem vir ’n moontlike opgradering na ’n hoër beleggingsgraad.

Kernkrag in Amerika is onder toenemende druk van mededingende energiebronne soos aardgas. Die prys van aardgas in Amerika het die afgelope jare skerp geval danksy die tegnologiese deurbrake van horisontale boorwerk en hidrobreking wat dit moontlik gemaak het om reuse-hoeveelhede nuwe reserwes aardgas te ontgin wat diep ondergronds in skalierots vasgevang is.

Gaskragstasies kan dus elektrisiteit teen veel goedkoper as kernkragstasies opwek.

Entergy gaan die kragstasie teen 2021 sluit in ruil daarvoor dat die deelstaat New York regstappe teen hom laat vaar. New York het wel ook belowe om die hernuwing van die bedryfslisensie vir die kragstasie te steun ingeval Entergy ooit die aanleg wil reaktiveer.

Volgens Moody’s het dit te duur geword vir Entergy om die kernkragstasie te bedryf.

Hoewel die Indian Point-kragstasie histories vir sterk kontantvloei vir Entergy gesorg het, het dalende kragpryse die aanleg se winsgewendheid geknou, wat deur bedryfsprobleme vererger is. In 2016 is die aanleg geteister deur lekkasies en uitgebreide onderbrekings wat sy kragproduksie-faktor tot net meer as 80% laat daal het terwyl dit tipies rondom 90% is.

Entergy beplan om sy Palisades-kernkragstasie in Michigan in Oktober 2018 te sluit, en sy Pilgrim-kernkragstasie in Massachusetts in 2019. Moody’s sê Entergy se kernkragaanlegte is die grootste kredietrisiko vir die maatskappy weens die stygende kostestruktuur en lae elektrisiteitspryse.

’n Onlangse studie van die Amerikaanse energie-inligtingsadministrasie wys die koste van krag van gaskragstasies is tans rondom $55 per MWh teenoor kernkrag se koste van $99,70 per MWh.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.