26 Maart 03:28
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

22°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Energie
Vrystelling van energie-gasse al 3 jaar onveranderd
Dr. Fatih Birol, uitvoerende direkteur van die Internasionale Energie-agentskap. Foto: IEA

Die internasionale energiebedryf kan homself ’n groen kloppie op die skouer gee.

Energieverwante kweekhuisgasvrystellings was verlede jaar wêreldwyd vir die derde jaar agtereenvolgens onveranderd, sê die Internasionale Energieagentskap (IEA).

Dit is te danke daaraan dat al hoe meer elektrisiteit van hernubare energie opgewek word, ’n skuif van steenkool na aardgas as kragopwekkingsbron, verbeterings in energiedoeltreffendheid, asook strukturele veranderings in die internasionale ekonomie.

Die totale kweekhuisgasvrystellings van die energiesektor was in 2016 op 32,1 gigaton (32,1 miljard ton), wat dieselfde was as in 2015 en 2014. Dít terwyl die wêreldekonomie met 3,1% gegroei het.

Koolsuurgasvrystellings was laer in Amerika en China, en onveranderd in Europa. Dit het die stygings in vrystellings in die grootste deel van die res van die wêreld teengewerk.

Amerika

In Amerika het kweekhuisgasse met 3% of 160 miljoen ton gedaal te midde van ’n groei van 1,6% in die ekonomie. Dit was danksy groter skaliegasvoorraad, en groen krag wat steenkoolkrag vervang het.

Dr. Fatih Birol, uitvoerende direkteur van die IEA, sê die drie jaar van onveranderde kweekhuisgasvrystellings is ’n rede vir optimisme, maar dis nog te vroeg om te sê of internasionale kweekhuisgasvrystellings beslis ’n keerpunt bereik het.

Dit wys markdinamika en tegnologiese verbeterings maak saak.

Die vraag na steenkool het verlede jaar wêreldwyd gedaal, maar die skerpste daling was in Amerika waar dit 11% laer was. Vir die eerste keer is meer elektrisiteit verlede jaar in Amerika uit aardgas opgewek as uit steenkool.

China en Indië

In China het die vrystelling van kweekhuisgasse met 1% gedaal. Die steenkoolvraag het afgeneem terwyl hernubare energie, kernkrag en aardgas ’n groter markaandeel gekry het. Staatsbeleid teen lugbesoedeling het ’n skuif van steenkool na aardgas in die nywerheids- en konstruksiebedryf genoop.

China het in 2016 vyf nuwe kernkragsentrales aan die kragnetwerk gekoppel, en die hoeveelheid elektrisiteit wat met kernkrag opgewek word, het met 25% gegroei.

Aardgas se aandeel in wêreldwye energielewering is tans byna 25%, maar in China en Indië is dit onderskeidelik 6% en 5%, wat volgens Birol wys daar is nog groot potensiaal vir groei.

Europa

In Europa het die gasvraag met 8% gestyg en steenkoolvraag met 10% gedaal.

Hoewel die stabilisering in die groei van kweekhuisgasse positiewe nuus is vir lugbesoedeling, is dit volgens Birol nog nie genoeg om te keer dat internasionale temperature gemiddeld met meer as 2 °Celsius sal styg nie.

Wêreldwye beleid wat konsekwent, deursigtig en voorspelbaar is, is nodig om die potensiaal van tegnologieverbeterings en markkragte ten volle te benut, sê Birol.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.