24 Junie 07:25
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Entrepreneurs
5 vrae: Om te gee, is deel van belê vir Sphere
Itumeleng Kgaboesele is die uitvoerende hoof van Sphere Holdings, ’n beleggingsbeheermaatskappy met belange in onder meer Babcock Ntuthuko Engineering en die hyskraanverhuringsmaatskappy Babcock Target Plant Services. Hy het met Mari Blumenthal gesels.
Itumeleng Kgaboesele, uitvoerende hoof van Sphere Holdings.

1. Die regering sê hy wil in die volgende drie jaar 100 swart nyweraars skep. As uitvoerende hoof van ’n maatskappy in swart besit in die nywerheidsektor, dink jy dit is moontlik?

Dit het ons 12 jaar geneem om ons onderneming op te bou en dit was harde werk. Entrepreneurs en nyweraars, waar hulle ook al in die wêreld is, kan nie net uitgevaardig word nie. 

Die regering kan wel ’n ondersteunende omgewing vir entrepreneurs skep en sy aankope, lisensiëringsmagte en ontwikkelingsfinansiering gebruik vir die ontwikkeling van nuwe ondernemings.

2. Ongeveer 14% van Sphere se aandeelhouding behoort aan vier liefdadigheidsorganisasies. Waarom is liefdadigheid so belangrik vir julle?

Ons het ons onderneming begin as profes­sionele mense wat toevallig ook swart is. 

Maar ons woon in ’n land waar swartbemagtigingswetgewing ’n gunstige omgewing vir ’n onderneming soos ons s’n geskep het. Ons het besef dié omgewing het vir ons ’n geleentheid geskep, maar dat dit ook ons plig is om iets terug te ploeg in die samelewing en die lewe van minder bevoorregtes te verander. 

So ja, ons geniet die vrugte van ons arbeid, maar ons vergeet nie hoe ons hier gekom het nie.

3. Hoe het die organisasies uiteindelik voordeel getrek?

Toe ons aanvanklik die aandele geskenk het, het ons nie bates gehad nie – net skuld, soos die meeste nuwe ondernemings. Maar die onderneming het gegroei. Oor die jare het ons meer as R200 miljoen aan die organisasies gegee deur die groeiende waarde van hul aandele en ook kontant-uitgifte. 

As ’n aandeelhouer kry ek my deel as ons ’n dividend verklaar, en hulle ook. Hulle het ongeveer R15 miljoen ontvang met ons mees onlangse dividendbetaling. 

Die permanente aandeelhouding beteken dié organisasies hoef nie meer net op jaarlikse fondsinsamelings staat te maak nie. Hul belegging genereer inkomste.

Ja, ons geniet die vrugte van ons arbeid, maar ons vergeet nie hoe ons hier gekom het nie.

4. Die organisasies wat julle ondersteun, fokus veral op onderwys. Waarom is onderwys vir julle belangrik?

Onderwys het dit vir my en my kollegas moontlik gemaak om rekenmeesters en bankiers te word en die onderneming te bou. Ons is passievol oor onderwys en trots daarop dat ons die ondernemings waarin ons belê het, soos Babcock, kon oortuig hoe waardevol dit is om ’n organisasie soos die Student Sponsorship Programme (SSP) te ondersteun. En nie net uit goedhartigheid nie, maar omdat dit bydra tot die ontwikkeling van die skaars vaardighede wat hulle benodig.

Die storie van Ayanda Nyathi is ’n goeie voorbeeld. Hy het arm grootgeword in die Alexandra-township. Die SSP het vir hom ’n beurs gegee om na St. Stithian’s College te gaan, waar hy uitgeblink het met agt onderskeidings. Hy studeer nou chemiese ingenieurswese en doen vakansiewerk by Babcock. Hy is dus terug in die stelsel met ’n skaars vaardigheid.

5. Jy beskryf Sphere as ’n nuwe generasie van swartbeheerde beleggingsmaatskappye, maar julle het sterk vennootskappe gebou met wit familie-ondernemings. Hoe bring julle sulke uiteenlopende ondernemings byeen?

Ons is ’n swart maatskappy, maar as ons na ’n onderneming kyk, ondersoek ons dit as beleggingsgeleentheid. Dit moet ’n goeie onderneming wees en ons moet sien hoe ons waarde kan toevoeg as aandeelhouers en direksielede. Dit gaan oor dissipline.

Ek dink maatskappye sien ons as beleggingsvennote en ook goeie bemagtigingsvennote, want ons het ’n bewese rekord en ons eie kapitaal. Ons kan ’n tjek uitskryf.

Ons verstaan die eienaars van enige familie-onderneming het ook emosioneel daarin belê en dit kan daarom emosioneel wees om ’n deel daarvan te verkoop of net ’n bemagtigingsaandeelhouer te kry. Ons bestee baie tyd daaraan om die familie te leer ken en met hulle te werk.

Ons is langtermynbeleggers, so ons werk saam met die eienaars om hul ondernemings mettertyd op bou.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.