26 Maart 03:39
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

22°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Entrepreneurs
Dié entrepreneur se tuin is ’n tuiste
Tenjiwe Kaba (66) van Khayelitsha het met haar gemeenskap-groen­tetuin onlangs die departement van landbou se nasionale prys vir die beste agri-entrepreneur gewen. Alet Janse van Rensburg het haar oor dié suksesvolle onderneming uitgevra.
Tenjiwe Kaba. Foto: Lulama Zenzile

Wanneer het jy met die groentetuin begin?

Ek werk al van 1989 af aan die tuin en vir baie jare het dit gesukkel, maar in Februarie verlede jaar het ek my eie klein onderneming sonder winsbejag begin en dit Moyo we Khaya genoem. Ons is 12, meestal afgetrede, vroue wat die tuin bedryf. Party saai en ploeg, ander verpak die groente. Elkeen doen sy deel.

Waarvandaan kom die naam Moyo we Khaya?

Dit beteken “gees van ons tuiste”. Ek het jare gelede aansoek gedoen vir grond om ’n oornagplek vir hawelose mense in die gemeenskap te begin. Ek het dit toe nie gekry nie, maar toe ek later weer met dieselfde naam aansoek gedoen het vir grond vir die groentetuin, is my aansoek goedgekeur. Hierdie hektaar grond is ons tuiste.

Watter groentesoorte plant julle?

In die winter plant ons wortels, spinasie, vinkel, pietersielie en seldery. In die somer plant ons pampoen, murgpampoentjies en skorsies.

Waarheen gaan die groente?

Die vroue wat in die tuin werk, leef self van die groente en dit wat oorbly, verkoop ons aan die plaaslike mense en eetplekke. Mense kan op Vrydae by ons bestellings plaas en dit op Dinsdae kom afhaal. Ons pak elke Dinsdag omtrent 480 houers groente.

Ek dink dit is goed vir die mense om te sien dat jy nie geleerd hoef te wees om suksesvol te wees nie.

Hoe het dit gevoel om die prys te wen?

Die landboudepartement het my droom vorentoe geneem. Ek is so trots en dankbaar dat hulle my gekies het. Nou hang dit van my af om die onderneming ’n sukses te maak.

Wat is die geheim tot jou sukses?

Harde werk. Ek het myself die vaardighede geleer om groente te kweek en as ek dit kan doen, kan enigiemand dit doen.

Wat gaan jy met jou prysgeld van R150 000 doen?

Op die oomblik bestuur ons die hele onderneming uit ’n enkele vraghouer. Ek sal graag nog twee wil koop. Een wat ons as ’n kombuis en kantoor kan inrig en Brusselse spruitjies kan plant, en ’n tweede een waarin ons sampioene kan kweek.

Eet jy van jou eie groente en hoe smaak dit?

Ek kan nie eens onthou wanneer laas ek groente in ’n winkel gekoop het nie. Al die groente is organies, heerlik vars en voedsaam. As jy van die patats of wortels eet, kan jy proe dit is glad nie waterig nie en vol smaak.

Wat beteken jou sukses vir die mense van Khayelitsha?

Ek dink dit is goed vir die mense om te sien dat jy nie geleerd hoef te wees om suksesvol te wees nie. Dit is tyd dat ons ophou toi-toi vir huise en werk en ons eie werk begin skep.

Wat is jou toekomsplanne?

Ek vergader binnekort met die burgemeester van Kaapstad en hoop sy sal vir ons nog ’n hektaar grond gee om by ons tuin te voeg. 

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.