26 April 13:47
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Entrepreneurs
Buigsame werkplek ál gewilder

Gedeelde werkruimtes in geboue wat ’n gemeenskap van entrepreneurs, vryskutwerkers en sake-eienaars deel, is veral in Kaapstad ’n groeiende tendens. Liana Mocke het met Julien Verspiere in die middestad gesels waar hy onlangs Work & Co begin het. 

Julien Verspieren van Work & Co in die Kaapse middestad staan by die Lego-muur in een van die gemeenskaplike gedeeltes van die gedeelde kantoorruimte. Op die muur kan lede wat hier uit kantore en by lessenaars werk hul kreatiwiteit en idees uitstal. Foto: LIANA MOCKE

Wanneer het julle jul deure oopgemaak en hoeveel mense gebruik reeds jul ruimte?

Ons het ’n maand gelede hier begin en het reeds amper 40 entrepreneurs wat kantore en tafels opneem.


Jy is ’n Fransman. Hoekom het jy en jou gesin Suid-Afrika as jul nuwe tuiste gekies?

Ons voel Suid-Afrika het iets spesiaal waarvan ons deel wil wees.

My siening oor opkomende markte is dat daar juis in lande soos Suid-Afrika baie groeigeleenthede is terwyl Europa besig is om te taan, dus wil ons ook hierdie golf ry. Ek en my vrou het vier kinders en het oor twee dekades verskeie kere hierheen gereis en baie van Suid-Afrika begin hou. Toe dit tyd was om ’n nuwe fase in ons gesin se lewe te begin, het ons op Kaapstad besluit as ons nuwe tuiste.


Wat het jy gedoen voor julle hierheen getrek het?

Ek en ’n vennoot (en vriend) het in 2001 ons eie onderneming in Frankryk begin; ’n personeelwerwingsagentskap. Ons het vinnig gegroei van net twee konsultante tot 160 met kantore in nege stede. Toe ek die onderneming in 2014 verkoop het, het ons ’n omset van 58 miljoen gehad.

Dit was ’n wonderlike avontuur, maar ek het in hierdie tyd min van my gesin gesien en ek het na balans begin soek. Dit was tyd om ’n drastiese skuif te maak en hier in Kaapstad het ek ’n jaar afgevat voordat ek besluit het om Work & Co te begin.

Watter soort entrepreneurs gebruik gedeelde kantoorruimte?

In my sabbatsjaar het ek omtrent elke koffiewinkel in Kaapstad besoek en besef daar is baie ander mense soos ek wat nie tevrede is met net ’n gewone kantooropset nie en daarom byvoorbeeld in koffiewinkels sit en werk.

Só het die idee ontstaan om my eie gedeelde-ruimte-opset te begin.

Ek glo dit is mense wat besef jy kan nie alleen en in isolasie sukses behaal nie, maar hulle wil steeds hul vryheid hê en hulle soek ’n werkplek wat hulle daardie buigsaamheid gee.

Dit sluit in vryskutwerkers van watter aard ook al; klein en middelslagondernemings; spanne wat gewoonlik nie op dieselfde plek werk nie maar met tye nodig het om ’n kantoor te deel; en entrepreneurs wat hul ondernemings en idees van die grond af begin kry.

Dit is dus mense wat hul eie ondernemings het en nie alleen wil wees en van die huis af werk nie, maar omring wil word deur soortgelyke individue.


Wat is jou mening oor die lewensvatbaarheid en toekoms van hierdie neiging teenoor tradisionele maatskappykantore?

Ek glo ’n mens kan deesdae nie meer jou professionele lewe en jou persoonlike lewe skei nie. Om buigsaamheid in jou lewe te kan inbring waar jy jou tyd kan bestuur, is dus meer voordelig.

Gedeelde werkruimte is ’n neiging om ondersteuning en in die meeste gevalle infrastruktuur te bied vir ’n innoverende manier van werk en sake doen.

Ek het ervaar hoe hierdie tipe manier van sake doen internasionaal aan die toeneem is. Wêreldwyd raak mense al hoe meer onafhanklik en wil vir hulleself werk.

In wêreldstede soos Londen en New York het ek gesien hoe mense dié neiging begin navolg.

Watter opsies bied julle?

Ons glo dat ons binne Work & Co ’n geïntegreerde kennisstelsel sal bou – mense wat op ’n natuurlike manier kennis deel en só mekaar se lewe verryk.

Buigsaamheid in ons produk is ’n baie groot pluspunt, want jou onderneming mag dalk een maand net een werknemer nodig hê, maar dan kom daar kontrakte vir korter tydperke waar jy meer kantoorruimte benodig. Jy kan dus jou behoeftes aanpas soos nodig en op kort termyn.

Hier is die warm-lessenaar- opsie wat per dag gehuur kan word, jy kan ’n gedeelde kantoorruimte huur of jou eie private kantoor huur waar tot 15 mense kan werk.

Huur werk op ’n maand-tot-maandgrondslag. Ons bied ander dienste ook, soos IT-dienste, en die sekuriteit is baie goed en modern, soos ’n vingerafdrukstelsel.


Wat is jul kriteria voordat julle mense hier toelaat?

Ons het nie kriteria nie, maar glo in elk geval dit sal meestal oopkopmense wees wat hier wil werk.

Ons verkoop lidmaatskap aan ons lede en bemarking word veral deur sosiale media gedoen, en natuurlik geleenthede en praatjies wat ons hier hou en waarheen ons mense in ons teikenmarkte uitnooi.


Hoe lyk jul mededinging in Kaapstad?

Ja, hier is al ’n paar soortgelyke produkte in Kaapstad. Ons teiken die hoër mark en mense wat ’n spesifieke atmosfeer soek, soos wat ons hier bied. Work & Co is gefokus op die mense binne ons ruimte, meer as die fisieke ruimte waarbinne ons funksioneer.

Om werk gedoen te kry is steeds die belangrikste prioriteit – die leefstylaspek kom agterna. Ons voel dit is ’n groot deel van wat ons onderskei van soortgelyke plekke in Kaapstad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.