26 Junie 14:19
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Entrepreneurs
’n Romantiese boks vir sports
Die bokse wat jy en jou maat by Date Factory kan bestel. Foto: Facebook

In die verlede wanneer jy en jou geliefde saam die opsitkers wou brand, het dit dae, somtyds weke, se beplanning geneem om die perfekte afspraak te reël.

Maar deesdae is ’n romantiese aandjie uit – of eerder in – net ’n oproep weg.

Karien du Plessis, stigter en eienaar van Date Factory, het haar kreatiwiteit ingespan en begin om afsprake vir paartjies in boksvorm aan te bied.

“Mense het nooit meer tyd om dates te reël nie of jy’s te moeg of het net nie idees nie,” sê sy, “so dié bokse kan weer ’n vlam in jul verhouding sit.”

Dié voormalige onderwyser het die week voor Valentynsdag vanjaar met die onderneming begin. Drie dae later was sy toegegooi onder bestellings.

“Ek het dit self gefinansier en vinnig geleer om georganiseerd te wees en op my voete te dink, want vir ’n regterbrein soos ek kan dit nogal ’n groot uitdaging wees.”

Sy sê mense kan nogal ongeduldig raak.

“Mense besef nie altyd die moeite wat in elke boks gaan nie. Ek pak elkeen met my eie twee hande en die eetgoedjies is meestal tuisgemaak, so dit vat ’n rukkie om klaar te maak.”

Lekker tyd

Sy is egter baie geheimsinnig oor wat in dié bokse is.

“Elke boks bevat something good, something food and something for the mood. Daarom kan jy weet dat julle lekker saam sal lag, ietsie te ete kry en die tyd saam baie sal geniet.”

Vir my gaan die mood dikwels daaroor om net saam met jou eggenoot te lag en ’n lekker tyd te hê.

Sy maak dit egter duidelik dat die something for the mood nie noodwendig altyd sexy is nie.

“Vir my gaan die mood dikwels daaroor om net saam met jou eggenoot te lag en ’n lekker tyd te hê. Jy sal dikwels uit jou comfort zone wees, maar dis wat so lekker is!”

Sy het skoolkinders en ’n student wat haar help om alles vir die kliënte reg te kry.

“Ek het op Facebook vir hulp gevra en die kinders het aangebied. Ek betaal hulle natuurlik!” Sy lag.

Du Plessis was as student al besig om opwindende afsprake vir haar kêrel te reël of selfs net ’n bietjie raad met haar vriendinne te deel.

“Ek het nog altyd daarvan gehou om goed te beplan. Nooit het ek gedink dat ek ’n geldjie daaruit kon maak nie.”

Karien du Plessis, stigter en eienaar van Date Factory. Foto: Facebook

Sy probeer om elke maand om twee of drie nuwe bokse saam te stel.

“Jy kan die beskrywing van elke boks op die webtuiste gaan lees en jou bestelling plaas. Die boks sal binne drie dae deur ’n koerier by jou voordeur afgelaai word.”

Indien ’n boks nie in al ’n paartjie se behoeftes voorsien nie, sal Du Plessis vir hulle persoonlike bokse maak.

“Die custom-made bokse is natuurlik ’n bietjie duurder omdat daar ’n bietjie meer moeite ingesit word.”

Die pryse wissel tussen R470 en R610 en die persoonlike bokse begin van ongeveer R1 000, “afhangend van wat die paartjie se begroting is.”

Die terugvoer wat sy tot dusver gekry het, is baie goed.

“Dis baie interessant dat ek bestellings van al die klein plekkies in Suid-Afrika kry. Ek het aanvanklik gedink net stedelinge sal daarin belangstel, maar mense van Kathu tot by Hoedspruit het my al gekontak.”

Wenke

Oor wat die toekoms vir haar inhou, is Du Plessis nog onseker.

“Ek het al ’n aanbod gekry om dit na Kenia uit te brei. Een van my kliënte verhuis binnekort soontoe en het aangebied om dit saam met my daar te begin. Maar tot dusver is ek nog onseker of ek sal uitbrei. Ons sal maar sien wat die toekoms inhou.”

Jy werk regtig jou alie af wanneer jy jou eie onderneming begin. Maar dis totaal die moeite werd.

Drie wenke wat sy met ander entrepreneurs kan deel, is harde werk, om georganiseerd te wees en om dankbaar te wees vir geleenthede wat jy kry.

“Jy werk regtig jou alie af wanneer jy jou eie onderneming begin. Maar dis totaal die moeite werd.”

’n Fout waaruit sy al baie geleer het, was toe sy twee kliënte se bestellings omgeruil het.

“Ek het baie sleg gevoel. Maar ek het ná die tyd vir elkeen ’n bos blomme gestuur om jammer te sê. Dis waar ek geleer het dat organisasie baie belangrik is.”

Sy is bewus daarvan dat dit nie in elke paartjie se broek sit nie.

“Ek weet dis nou nie almal se cup of tea nie, maar dit is hoe dit is. Party mense gebruik Aquafresh en ander weer Colgate.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.