24 April 15:24
Kaapstad Verander Area

Maandag

23°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Dinsdag

23°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Saterdag

28°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

Entrepreneurs
Suid-Afrikaner oes pryse met slim saadplan
Claire Reid (links) van Reel Gardening is in Sandton as Future Agro Challenge (FAC) se Agripreneur van die Jaar aangewys. By haar is Eleftherios Kouvaritakis, ambassadeur van Griekeland, Elsie Kazana, die Wêreld Ekonomiese Forum se Afrika-hoof, en Hande Didem Altop van Endeavour, een van die beoordelaars.Foto: Verskaf

’n Jong Suid-Afrikaanse landbou-entrepreneur het ’n internasionale eerbewys gewen vir haar slim plan waarmee enigeen suksesvol groente van saad kan verbou.

Claire Reid van Reel Gardening is as die organisasie Future Agro Challenge (FAC) se Agripreneur van die Jaar aangewys. Dit is die derde keer dat die titel toegeken is en die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaner deelnemers uit 60 lande uitgestof het. Verlede jaar se wenner was van Chili.

As wenner kry Reid nou deurlopende mentorskap, moontlike vennootskappe en ’n geleentheid om haar onderneming na verskeie markte uit te brei.

Reel Gardening produseer ’n bio-afbreekbare saadstrook waarop die groente- of kruiesaad reeds op die korrekte afstand van mekaar geplaas is. ’n Mens plant dus net die saadstrokies. Die stelsel gebruik ook 80% minder water as gewoonlik.

Reid het reeds in 2002 as 16-jarige hoërskoolleerling dié slim plan bedink toe sy self gesukkel het om haar eie groentetuin aan te plant.

Ek het geweet ek wil groente plant om aan my ouers te verkoop vir ekstra sakgeld, maar dit het my gefrustreer dat ek so baie saad en kunsmis gemors het omdat ek gesukkel het om die saad op die korrekte diepte en afstand te plant en die saadjies in die grond te hou.”

Reel Gardening produseer ’n bio-afbreekbare saadstrook waarop die groente- of kruiesaad reeds op die korrekte afstand van mekaar geplaas is.Foto: reelgardening.co.za

Sy het destyds begin om saadstrokies van koerantpapier te maak en die saadjies daaraan vas te plek met ’n soort gom wat sy van meel en vloeibare kunsmis gemaak het.

Reid het die projek vir ’n ekspo vir hoërskoolleerlinge ingeskryf en ’n nasionale prys gewen. Sedertdien het sy verskeie pryse daarmee gewen, maar ook ’n paar terugslae beleef om die idee kommersieel lewensvatbaar te maak.

Vandag is die onderneming baie bedrywig in die veld van maatskaplike entrepreneurs. Sy het ook ’n app ontwikkel wat voornemende tuiniers kan aflaai om hulle met die aanplanting en onderhoud van die groentetuin te help.

Volgens Michalis Stangos, medestigter van FAC, help landbou-entrepreneurs se uitvindsels om die lewe van gemeenskappe te verander.

“Dit is interessant, maar ook ’n bietjie kommerwekkend, dat landbou 40% van die wêreld se arbeidsmag behels, al dra dit net 3% tot die internasionale bruto binnelandse produk by. Dit beteken ons moet van onder af innoveer om nuwe en volhoubare oplossings vir die uitdagings in die sektor te vind.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.