27 Maart 00:50
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

19°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Geldsake
Sake-sukses op jou eie twee bene

’n Eenmenssaak bly ’n gewilde sakevorm om ’n onderneming in te begin en te bedryf. Maar is dit die beste vir jou - en hoe maak jy ’n sukses daarvan? Charné van der Walt gee raad.

     

Charné van der Walt

Faktore wat jou besluit sal beïnvloed of hierdie ’n tydelike of permanente opsie is, sluit in jou huwelikstatus, die beskikbaarheid van kontant, finansieringsbehoeftes, jou persoonlikheid, die soort onderneming of diens wat jy bedryf, die belastingimplikasies en waar jy die onderneming gaan bedryf.

Maak van die begin af ’n sakebankrekening oop en hou volledig opgawes van elke maand se inkomstes en uitgawes.

Onderskei tussen uitgawes wat 100% sake-uitgawes is, wat deels sake en deels privaat is (en watter persentasie jy kan eis vir die onderneming) en wat suiwer persoonlik van aard is.

     

Voor- en nadele van ’n eenmenssaak

        

Voordele 

* Die struktuur is eenvoudig. Die wins is joune, jy neem jou eie besluite en die berekening van belasting is eenvoudig.

* Jy spaar die oorhoofse koste van ’n aparte perseel wat help as jy stiller maande of seisoene het.

* Sommige mense werk en fokus beter op hul eie (sonder om depressief te raak).

Nadele

* Dit kan eensaam en/of alleen raak, selfs al is jy ’n introvert.

* Dit kan jou persoonlike bates in gevaar stel.

* Dit kan fisiek ongesond raak, veral as jy baie ure voor ’n rekenaar of by ’n werktafel sit.

                          

6 wenke

                 

Of jy van die huis af werk en of jy ’n perseel gaan huur, hier is ses wenke vir eienaars van ’n eenmenssaak.

      

1. Versprei jou inkomste

Versprei verkieslik jou inkomste tussen ’n paar kliënte sodat jy nie ’n finansiële probleem het as een groot kontrak skielik wegval nie.

As jy meer as 80% van jou inkomste van een kliënt verdien, is dit beter om ’n kontrak te sluit.

As jy meer as 80% van jou inkomste van een kliënt verdien, is dit beter om ’n kontrak te sluit waar jy as onafhanklike kontrakteur op hul salarisregister geplaas word.

’n Vaste 25% van jou inkomste word belas (ten spyte van jou werklike belastingkoers) tensy jy ’n belastingaanwysing kry wat hulle verplig om minder belasting af te trek.

Jy kry ’n IRP5 (sorg dat die inkomstekode 3616 daarop wys) en eis oorskotbelasting terug op jou jaarlikse belastingopgawe.

     

2. Begin versigtig

As jy tyd nodig het dat jou inkomste moet opbou, reël om jou uitgawes tydelik te verminder en wees voorbereid met spaargeld.

Om ’n onderneming met skuld te begin, plaas onnodige druk op jou en die onderneming. Oorweeg lenings net as daar sekere produkte of bates is wat jy moet koop en jy weet dit sal vir jou kontrakte verseker.

Begin ’n jaar of twee voordat jy die onderneming begin op ’n kleiner begroting leef.

Reël met jou gade of huismaat om sekere uitgawes tydelik oor te neem sodra die onderneming begin is. Al groei jou onderneming, hou vir so lank jy kan by die kleiner begroting en spaar oorskotgeld.

                      

As jy van die huis af werk, probeer om die kantoor van die res van die huishouding te skei. Foto: iStock

3. Beoefen selfdissipline met jou tyd, finansies en gesondheid

Stel doelwitte en bou aanspreeklikheidstelsels in jou administrasie in. Reël byvoorbeeld om jou laaste maand se boekhouding teen ’n sekere datum aan jou belastingpraktisyn te stuur.

Doen twee tot drie keer ’n jaar beplanning vir af dae (vir persoonlike afsprake) en neem formele verlof (verkieslik in stiller maande).

Oorweeg om aan die begin ’n uur of twee vroeër op te staan. Sake-eienaars is geneig om hul aftrede af te skeep. Probeer van die begin af net uitgawes betaal op 80% van jou inkomste. Spaar 20%, aanvanklik in ’n noodfonds en later, soos die onderneming se inkomste stabiliseer, kan jy ’n deel oorskuif na ’n meer vaste belegging.

Maak seker of jy vooraf en deurlopende geld benodig vir advertensies en/of bemarking en of jy dit self gaan hanteer. Maak tyd vir oefening. Afskeiding van goeie hormone hou jou gemoed positief.

As jy baie sit, skuif jou kantoor dat jy meer gereeld moet opstaan, of werk met tekkies aan en stap om die blok vir ’n vinnige dinkskrumsessie.

       

4. Doen jou huiswerk

Doen jou eie navorsing en vra ook raad van die mense wat naby aan jou is en jou goed ken. Vermy mense wat jou afbreek, maar betrek mense wat eerlike en opbouende kritiek lewer. Gebruik dalk ’n lewenstylafrigter vóórdat jy jou onderneming begin.

Maak seker dat jou persoonlikheid, lewenstyl en verwagtinge pas by die onderneming wat jy wil begin, of dat jy bereid is om veranderinge te maak.

Hoe jy dit gaan doen: Vra jouself byvoorbeeld af of jy gaan reis vir jou werk. Indien wel, is dit wat jy op lang termyn wil doen of is net aanvanklik om jou produk of diens bekend te stel? In so ’n geval kort jy ’n betroubare motor, geld vir petrol en onderhoud en jy moet dit korrek by jou gelde of produkkoste inwerk.

As jy baie sit, erk met tekkies aan en stap om die blok vir ’n vinnige dinkskrumsessie.

As jy baie op die telefoon gaan werk, oorweeg ’n ander selfoonpakket of ’n aparte landlyn.

Jou diens of produkte se pryse: Kry professionele advies as jy jou produkkoste of gelde bereken.

      

5. Stel gesonde grense, veral as jy ’n gesin het.

As jy van die huis af werk, probeer om die kantoor van die res van die huishouding te skei (met ’n aparte ingang), veral as jy kinders of personeel het.

Betrek kinders deur sekere huistake hul verantwoordelikheid te maak.

As jy nie huis en werk geskei kan kry nie, personeel aanstel, baie vinnig groei, meer spasie benodig of jou gesin ly onder jou tuiskantoor, is dit beter om aparte kantore te oorweeg (op jou eie of deel om koste te spaar). Gesonde persoonlike grense beteken onder meer dat jy:

* Prioritiseer watter werk vandag gedoen móét word en wat kan oorstaan tot môre.

* ’n Roetine skep sodat kliënte weet wanneer jy geredelik beskikbaar is in die dag en wanneer nié.

* Persoonlike take laat oorstaan vir naweke of vooruit moet kosmaak vir die week.

* Kan “ja” sê vir wat belangrik is en “nee” vir wat nie belangrik is nie of wat kan wag.

       

6. Verstaan die belastingberekening wat op jou van toepassing is

Inkomstebelasting word bereken op jou belasbare inkomste teen individuele belastingskale. “Belasbare inkomste” beteken jou winste minus uitgawes wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens toegelaat word as aftrekkings.

Kry hulp by ’n rekenmeester of belastingpraktisyn om ’n stelsel te ontwikkel waarmee jy hierdie berekening maandeliks kan doen en hou die belasting eenkant. Ondersoek omsetbelasting as ’n opsie (laer belastingkoerse).

As jy belastingvoordele wil geniet op jou tuiskantoor, moet dit ’n spesifieke en toegewyde kantoorspasie wees en vir geen ander doel gebruik word as net vir jou as kantoor nie.

Jy kan net hierdie pro rata-gedeelte eis van jou huis se huur. As jy die eiendom besit, kan jy dit eis van jou gedeelte van die rente op die verband, maar dit kan kapitaalwinsbelasting veroorsaak die dag as jy verkoop. Kry eerder advies by ’n kundige voordat jy dit eis.

* Charné van der Walt is ’n finansiële raadgewer en belastingpraktisyn. Die artikel is in leketaal geskryf en bevat nie spesifieke of persoonlike advies nie.

            MyStem: Het jy meer op die hart?

            Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

            Ons kommentaarbeleid

            Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

            NETWERK24 Stemme

            Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.