28 Februarie 16:54
Kaapstad Verander Area

Woensdag

23°C / 17°C

Wind 31km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Donderdag

23°C / 17°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 74%

Maandag

22°C / 16°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Ikt
Nuwe app gee gratis Wi-Fi in minibus-taxi’s

Daar is daagliks meer as 10 miljoen mense wat ’n minibus-taxi neem en elke passasier is gemiddeld meer as ’n uur per dag in die taxi.

’n Nuwe app, Moovah!, is Dinsdag bekend gestel om voordeel te trek uit dié vasgevange verbruikersmark.

Moovah! verskaf gratis Wi-Fi aan taxi-passasiers.

Dit is ’n produk van Onroot, ’n mediamaatskappy, en is in samewerking met Absa en SA Taxi, die finansier van minibustaxi’s en deel van die genoteerde Transaction Capital, bekend gestel.

’n Moovah!-toestel word in geselekteerde taxi’s geïnstalleer en nadat die verbruiker die app op sy slimfoon afgelaai het, kry hy toegang tot digitale inhoud op die app.

Die Moovah!-app is die idee van Megan Harrison, hoof van Onroot.

“Anders as ander Wi-Fi-dienste bied die Moovah!-app nie slegs gratis internetkonnektiwiteit nie. Dit gee toegang tot mobiele inhoud wat afgelaai of gestroom kan word teen ’n hoë spoed, sonder dat 3G of ADSL nodig is,” sê Harrison.

As passasiers in ’n Moovah!-taxi ry, sal hulle kan konnekteer aan die internet en musiek, speletjies, video’s en artikels na hul slimfone deur die app kan aflaai.

Verbruikers kan ook punte verdien deur peilings in te vul op die app of deur advertensies te kyk. Die punte word dan in data omgeskakel en kan gebruik word om onder meer Facebook, Twitter of WhatsApp te gebruik.

“Elke 100 punte wat ’n passasier verdien, is gelykstaande met 10 MB data,” sê Harrison.

Volgens haar gee die app deelnemende handelsname ’n geleentheid om baie spesifieke verbruikers regstreeks te teiken. Die stelsel en app is geospesifiek en weet waar op ’n gegewe roete verbruikers hulle bevind. Daarom kan handelsname spesiale aanbiedinge aanbied en verbruikersinligting kry spesifiek tot ’n taxiroete, sê sy.

Die diens gaan aanvanklik in 75 taxi’s in Gauteng en die Wes-Kaap bekend gestel word.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.