22 Julie 12:48
Kaapstad Verander Area

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

17°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 41km/h

Reënval 13mm

Humiditeit 68%

Woensdag

13°C / 9°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Ikt
Kersklokke lui vir Musica op langspeelplate
Een van die moderne platespelers van Musica waarop langspeelplate en musiek wat digitaal afgelaai is, gespeel kan word.

Die musiekwinkelgroep Musica beplan om vanjaar weer opspringwinkels tydens die Kerstyd te open.

Dit is winkels wat tydelik geopen word waar plek in winkelsentrums beskikbaar is.

David Kneale, uitvoerende hoof van die Clicks-groep wat Musica besit, sê dit is in 2015 die eerste keer probeer en het baie goed vir hulle gewerk.

Dit is veral Musica se langspeelplate, platespelers en ander produkte waarmee mens musiek kan luister wat goed verkoop.

Hy sê hulle sien steeds ’n stewige styging in die verkope van langspeelplate. Dit is die afgelope paar jaar weer baie gewild.

Al gewilder

'n Langspeelplaat van Abba.

Dit is reeds hierdie tipe produkte wat Musica nog red van die wêreldwye insinking in CD- en DVD-verkope weens tegnologieverandering wat meegebring het dat mense nou op ander maniere musiek luister.

Musica dra nou waarskynlik meer as R905 miljoen se verkope by tot Clicks nadat sy verkope met 1,2% gestyg het.

Die presiese syfer is nie bekendgemaak nie hoewel die vorige jaar se syfer bekend is.

Kneale sê Musica bly winsgewend en skep kontant.

Sy verkope van CD’s het soos elders in die mark gesien kan word, met 2,6% gedaal.

Musica het ’n reusemarkaandeel en sy CD-verkope het die afgelope jaar van 60% tot amper 70% gestyg.

Reuse markaandeel

Kneale het in 2015 erken die markaandeel groei omdat sy grootste mededinger, Look & Listen, baie van sy winkels gesluit het. Dié maatskappy is in 2014 in sakeredding geplaas.

Musica het self op die hoogtepunt agt jaar gelede 158 winkels gehad.

Nou het hy nog 115 winkels oop, sewe is gesluit en ses nuwes is geopen.

Een van Musica se reuse musiekwinkels.

Die nuwe winkels wat geopen word, is in winkelsentrums wat hy as ’n bestemming vir inkopiegangers beskryf soos die nuwe Mall of Africa in Midrand wat onlangs geopen het.

Laaste wat oorbly

Kneale sê hul strategie met Musica is om die laaste oorblywende musiekwinkelgroep te wees.

Ook DVD-verkope van Musica het in die jaar met 1,6% gedaal.

Selfs daar het die winkels se markaandeel skerp van 43,7% tot 52,3% gestyg.

Hy sê hulle het dubbelsyfergroei in die verkope van produkte gesien wat hulle as tegnologie kategoriseer, soos platespelers en luidsprekers.

Dit dra nou 18% tot verkope by.

CD’s dra steeds 38,4% van Musica se verkope by en DVD’s 25,6%.

Die res word deur speletjies opgemaak.

Hy sê die verkope van CD’s en DVD’s is afgetrek omdat die bekendstelling van nuwe musiek en rolprente swakker was as die vorige jaar.

Tien van die opspringwinkels gaan van Oktober tot in Februarie oop bly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.