23 Augustus 08:18
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 66%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 36km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

18°C / 8°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Landbou
As die EFF sy sin kry, sal die ellende toeneem
Prof.Johan Willemse

Sedert die begin 70’s is daar ’n baie sterk verband tussen groot droogtes en swak ekonomiese groei in Suid Afrika.

Die land se ekonomiese groeikoers het die laaste paar jaar ook al hoe swakker geraak. Die neiging het, soos met vorige groot droogtes, met dalende reën­val in die somerreënvalgebiede saamgeval.

Nadat die laagste reënval vir die land op rekord in 2015 aangeteken is, vermoed ons dat 2016 se reënvalsyfers nog erger gaan wees.

Natuurlik is die uiters swak bestuur van die ekonomie deur die Zuma-administrasie die laaste paar jaar ’n groot bydraende faktor tot ’n dalende ekonomiese groeikoers en stygende werkloosheid.

Daar is egter steeds ’n sterk verband tussen ekonomiese groei en goeie landboujare waartydens die landbou se bydrae tot die ekonomiese groeikoers positief is.

Die landbou boer nou al agt kwartale agteruit en die jongste ekonomiese groeisyfer van die land van 0,3% vir 2016 is ook heelwat laer as die 1,3%-groei van 2015.

In die vierde kwartaal van 2016 het Suid-Afrika se ekonomie met 0,3% gekrimp. Die landbou se groeikoers vir 2016 was ’n negatiewe 7,8%, volgens Statistieke Suid-Afrika.

Armoede op die platteland het ook drasties toegeneem, veral in die klein plattelandse dorpies waar die grootse ekonomiese aktiwiteit die landbou is en waar die meeste inwoners op maatskaplike toelaes oorleef.

Sedert Januarie 2017 het die vooruitsigte in die grootste deel van die somersaaigebiede drasties verbeter met bogemiddelde reënval in die meeste gebiede.

Daar word geraam dat oeste tot 72% groter as verlede jaar se baie swak oeste kan wees. Veral die Vrystaat en Noordwes sal hierby baat vind.

Die nasionale oesskattingskomitee raam dat sowat 16,14 miljoen ton teenoor verlede jaar se 9,4 miljoen vir somergewasse in 2017-’18 bemark gaan word.

In geldwaarde is die groter oeste, selfs teen die laer pryse, in die omgewing van R40 miljard teenoor verlede jaar se geraamde waarde van sowat R25 miljard tot R30 miljard.

Voeg hierby dat baie boere geen voordeel gekry het uit die heelwat hoër pryse van die vorige seisoen nie aangesien hulle nie oeste gehad het om te verkoop nie.

Daarom is die drastiese ommeswaai in die klimaat van rampdroogte einde 2016 tot ’n potensiële rekordsomergraanoes van meer as 16 miljoen ton – ter waarde van meer as R40 miljard – ’n baie groot hupstoot vir die landbou-ekonomie, die platteland en selfs positief vir die ekonomiese groeikoers, veral in die tweede helfte van 2017.

As in ag geneem word dat die oes se regstreekse insetkoste in die orde van R25 miljard was (dit is voor rente, arbeid ens.) het dit insetverskaffers ook ’n groot hupstoot gegee.

Die meegaande grafiek toon die landbou se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP), asook die totaal vir die land. Die stagnasie in die BBP, en dan veral ook die skerp afname in die landbou se deel, is baie duidelik.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het in sy begrotingsoorsig daarop gewys dat landbou die sektor is met die grootste ekonomiese vermenigvuldiger-effek, veral wat betref ongeskoolde werkskepping.

Vir elke R1 miljoen wat landbou se uitset verhoog, word 3,9 ongeskoolde werkgeleenthede en een geskoolde werkgeleentheid geskep, in totaal dus bykans vyf werkgeleenthede.

Die inkrimping die laaste drie jaar in landbouproduksie het noodwendig tot grootskaalse werkloosheid gelei.

Die teendeel is dus ook waar. As die landou in die volgende jaar sy uitset net in somergraan met bykans R10 miljard verhoog, het dit ’n baie groot invloed op werkskepping en ekonomiese groei, veral op die platteland.

Dit bring ’n mens by die realiteit dat die geraamde regstreekse insetkoste van die someroeste in die orde van R25 miljard tot R30 miljard is, wat weer eens ’n baie groot terugwaartse vermenigvuldiger-effek op landbou-insetverskaffers en dus die fabriekswese het.

Die ander baie belangrike feit is dat sekerlik 80% tot 90% van die insetkoste regstreeks en onregstreeks deur die finansiële stelsel en dan veral ook banke (wat die Landbank insluit) gefinansier is.

Reuse-landbouskuld

Uitstaande landbouskuld raam ek tans in die orde van R150 miljard. Dit is gelykstaande aan sowat 35% van die waarde van landboubates – wat volgens landbou-ekonome bo die “veilige” vuisreël van ’n 25%-skuldverhouding is. Natuurlik verskil dit tussen bedrywe en streke.

Die basis van die sekuriteit vir finansiering in die landbou is grondwaardes en volgens amptelike syfers word dit in die orde van R200 miljard geraam.

Indien die ANC-alliansie en die EFF voortgaan met hul slagspreuke van grondonteiening sonder vergoeding sal dit noodwendig die sekuriteitswaarde van grond laat daal.

Dit is logies dat baie minder kommersiële boere daarna sal kwalifiseer vir finansiering by finansiële instellings om graan en ander landbouprodukte te produseer.

Banke se sekuriteitswaardes vir hul lenings sal verswak en so sal banke se balansstate ook verswak. Grond en eiendomsreg vir huise, fabrieke en ander ekonomiese aktiwiteite is gewoonlik die beginpunt van finansiering. Finansiële instellings en ander navorsing stel dit ook onomwonde dat die feit dat eiendomsreg en grondwaardes in heelwat Afrikalande bevraagteken word, die enkele grootste belemmering vir landbou en ekonomiese ontwikkeling is.

Daarom is dit verstommend dat Zuma en sy meelopers blykbaar geen snars omgee vir eiendomsreg en grondwaardes en die rol wat dit speel in die finansiering van landbouproduksie om kos te produseer nie.

Die sowat 17 miljoen mense wat hul maatskaplike toelaes gebruik om meestal kos te koop, sal dan nog in groter armoede leef as ons voedsel op groot skaal moet invoer.

Die politieke uitsprake die laaste tyd oor eiendomsreg en die invloed op grondwaardes dui op ongekende ekonomiese ongeletterdheid en totale wanbegrip vir die rol van ’n gesonde kommersiële landbousektor, waarvan een van die hoekstene grond se ­sekuriteitswaarde vir finansiering en produksie van kommersiële hoeveelhede voedsel is.

  • Prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, is ’n vorige wenner van Sake se Ekonoom van die Jaar-kompetisie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.