23 April 21:45
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Landbou
Blinkwater Meule moet boete van R10 m. opdok

Die Mededingingstribunaal het die skikkingsooreenkoms tussen die Mededingingskommissie en Blinkwater Meule bekragtig.

Blinkwater moet ingevolge die skikking ’n boete van net meer as R10 miljoen, of 5% van sy omset vir die 2007-boekjaar, betaal omdat hy met ander verskaffers van gemaalde witgraanprodukte saamgespan het om pryse vas te stel en saam besluit het wanneer prysverhogings in werking moet tree.

Blinkwater, wat in Middelburg in Mpumalanga gesetel is, het luidens ’n verklaring van die tribunaal ook onderneem om in die toekoms met die kommissie saam te werk in sy ondersoek na die bedrywighede van die pryskartel. Daar is nog uitstaande sake teen tien ander meulenaars en verskaffers.

Die skikking spruit uit ’n klag wat die kommissie in 2007 teen Tiger Brands, Pioneer Foods, Foodcorp, Pride Milling en Progress Milling in die meulenaarsbedryf geïnisieer het. Dit is later uitgebrei om Blinkwater Meule, Godrich Milling, TWK Milling, Keystone Milling, Westra Milling, Carolina Mills, Brenner Mills, Paramount Mills, NTK Milling, Kalel Foods, Bothaville Milling en Allem Brothers in te sluit.

Van die betrokkenes wat skikkingsooreenkomste met die kommissie bereik het, is: Keystone (R6,7 miljoen) en Carolina (R4,4 miljoen).

Tiger Brands het in 2007 al geskik met die kommissie en 'n boete van R99 miljoen betaal. Graan Suid-Afrika het destyds skerp uitgevaar teen die uitbuiting van die koring-waardeketting, en dit betreur dat die vier groot rolspelers hul oorheersende markposisie verder uitgebuit het deur prysvasstelling en samespanning toe te pas. Dit het ondoeltreffendhede in die koring-waardeketting gebring.

Vakbonde en verbruikersorganisasies was ook omgekrap omdat dit onregstreeks tot onnodig hoë broodpryse gelei het, wat veral arm mense raak.

Tiger Brands en Pioneer Foods is JSE-genoteerde maatskappye wat gewoonlik hoog opgee in hul korporatiewe kommunikasie oor hul etiese optrede en maatskaplike rol as korporatiewe burger.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.