21 Julie 12:36
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Landbou
Droogte kan veebedryf nog lank knyp
Angus-beeste loer na die kamera op ’n plaas tussen Clocolan en Excelsior in die Vrystaat. Volgens die Rooivleisprodusenteorganisasie het die onlangse landwye reën pryse ’n hupstoot gegee aangesien boere hulle beeste nou langer in die veld kan hou. Foto: Vida Booysen

Die probleme wat die droogte vir die rooivleisbedryf veroorsaak het, is nog nie verby nie.

Die impak van die droogte op diereproduksie beteken dat kuddes nou baie versigtig bestuur moet word, sê Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye.

“Daar is tans ’n groot behoefte om uitgedunde kuddes weer op te bou. Ongelukkig kan dit tot ’n tekort aan rooivleis en hoër vleispryse lei,” het hy in ’n toespraak voor die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging gesê. Veral voerkrale se winsmarges het in die droogte aansienlik gekrimp omdat die prys van mielies en soja, waarmee die diere gevoer word, die hoogte ingeskiet het.

Daar is steeds ’n behoefte onder rooivleisprodusente om genoeg voer vir die komende winter bymekaar te maak, sê Zokwana, terwyl hy ook wys op die negatiewe impak wat peste en siektes soos die herfskommandowurm en knopvelsiekte ná die droogte gehad het.

“Ons weet dat lewende hawe meer as 40% van die totale waarde van landbouproduksie behels. Dit is nie verbasend dat dit soveel is nie, want byna 70% van die landbougrond in die land is net geskik vir veeboerdery.”

Hy wys daarop dat die rooivleisbedryf ’n belangrike bydrae tot die ekonomie lewer en steun nodig het, veral in ’n mededingende internasionale mark.

“Die moontlikheid om prestasie te verbeter, hang af van die samewerking tussen die regering en die private sektor om mededingendheid te verbeter.”

Hy sê sy departement het relevante strategieë ontwikkel om uitdagings soos dié aan te pak en werk hard om sy praktyke te verbeter om by te hou by die jongste internasionale neigings.

Volgens die Rooivleisprodusenteorganisasie se jongste nuusbrief hou markbeginsels die beesvleisbedryf sterk en pryse styg steeds.

“Die reën wat oor die land geval het, het pryse ’n hupstoot gegee omdat boere hul beeste nou langer in die veld kan hou en dit slagtings dus beperk het,” lui die nuusbrief.

Nog drie jaar om droogte te oorkom

Volgens navorsing wat deur die Universiteit van die Vrystaat se eenheid vir lewendehawe-ekonomie op versoek van die Rooivleisprodusenteorganisasie gedoen is, sal dit veeboere tot drie jaar neem om die negatiewe uitwerking van die droogte te oorkom. Dit is hoe lank dit weiding sal neem om te herstel, mits die reënval in dié tydperk normaliseer.

Een van die kommerwekkendste bevindings van die navorsing was dat boere op eie houtjie moes klaarkom en die onkoste van die droogte en voer op hul eie moes dra. Geeneen van die 250 boere wat in al nege provinsies aan die peiling deelgeneem het, het enige staatshulp gekry nie. Die kapitaal vir voerkoste het van produksielenings of uit die boere se eie sak gekom.

Koeigetalle het sedert 2013 met gemiddeld 15% afgeneem, met die grootste afname in die Noord-Kaap. Die aantal skaapooie in al nege provinsies het sedert 2014 met 16% gedaal, so ook die lam- en kalfpersentasies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.