26 April 13:41
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Landbou
Hoenderbedryf in SA nié krank nie
Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging. Foto: Conrad Bornman

Die hoenderbedryf baklei terug nadat die Europese Unie Suid-Afrikaners daarvan beskuldig het dat daar “strukturele probleme” in die bedryf is.

Die plaaslike hoenderbedryf sê ook dis ’n “wanindruk” dat hy nie genoeg doen om homself te red nie.

Kevin Lovell van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) het vandeesweek aan die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou, bosbou en visserye verduidelik dat die bedryf eintlik “hoogs doeltreffend” is.

Hy het ’n studie aangehaal deur die Universiteit van Wageningen in Nederland oor hoeveel voer in elke land gebruik word om ’n kilogram hoender te produseer. Suid-Afrika het 1,68 kg voer nodig om ’n kilogram hoender te vervaardig. Dis minder as die meeste ander lande in die navorsing en minder as die gemiddeld van 1,79 kg.

Hy het ook ’n verslag van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid aangehaal. Volgens dié verslag gebruik Suid-Afrika minder voer omdat die hoenders jonger geslag word. Hoe ouer (en dus swaarder) ’n hoender is wanneer hy geslag word, hoe meer voer is nodig per kilogram hoendervleis.

Gigaba-benadering

Lovell sê Suid-Afrika behoort Europeërs en Amerikaners te behandel “nes hulle ons behandel”. As daar voëlgriep was in Suid-Afrika, stuur die Europeërs byvoorbeeld inspekteurs hierheen om seker te maak die siekte is verby voordat hulle weer vleis van hier af invoer.

Maar as daar voëlgriep was in Europa, vertrou Suid-Afrika hulle wanneer hulle sê die siekte is oor.

“Ons moet die Gigaba-benadering volg,” sê Lovell, met verwysing na Nieu-Seeland wat in Oktober verlede jaar aangekondig het Suid-Afrikaners sal voortaan visums nodig hê. Kort daarna het Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, aangekondig dat Suid-Afrika ook van Nieu-Seelanders gaan verwag om visums te kry.

Scott Pitman, besturende direkteur van RCL Foods, het by navraag gereageer op beskuldigings vroeër dat die plaaslike bedryf meer kan doen om homself te help deur byvoorbeeld nes Europa meer hoender uit te voer.

Hy sê ander lande beskerm hul eie bedrywe, wat dit vir ons moeilik maak om daarheen uit te voer.

Die rede waarom Europa nou meer hoender hierheen uitvoer as voorheen, is omdat hulle na baie ander lande nié meer kan uitvoer nie, sê Pitman.

Rusland het invoer verbied om sy eie bedryf te beskerm; China het sy eie hoenderbedryf tot stand gebring en Nigerië en Kenia het hoenderinvoer verbied.

Suid-Afrika kan nie meer hoender na sy buurlande uitvoer nie. Namibië het 18 maande gelede kwotas ingestel, Zimbabwe en Botswana voer nie hoender in nie en vir Mosambiek het jy ’n spesiale permit nodig, wat eenvoudig nie uitgereik word nie.

Dis ook moeilik vir Suid-Afrika om hom teen Europa te verset omdat dié vasteland vir ons ’n groot uitvoermark is, terwyl ons dit nie vir hom is nie.

Beskermende heffing

Intussen moet die Suid-Afrikaanse kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) sy ondersoek afhandel sodat die departement van handel en nywerheid voor 3 Julie kan besluit of die voorlopige beskermende heffing van 13,9% op hoender van Europa permanent ingestel gaan word. Die voorlopige heffing is op 15 Desember aangekondig.

In reaksie op die voorlopige heffing in Desember het Cecilia Malmström, die EU se handelskommissaris, aan dr. Rob Davies, die Suid-Afrikaanse minister van handel en nywerheid, geskryf die Suid-Afrikaanse bedryf het “strukturele probleme” wat sy mededingendheid beïnvloed.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.