23 Junie 19:24
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Landbou
Landbou-groep GWK stel nuwe hoof aan
Llewellyn BrooksFoto: GWK

Die landboumaatskappy GWK het ’n nuwe uitvoerende hoof aangestel – twee maande nadat die vorige hoof, Pieter Spies, bedank het.

Llewellyn Brooks, wat tans besturende direkteur van GWK-verhandeling is, is deur die maatskappy se direksie as die uitvoerende hoof van die groep, met sy hoofkantoor in Douglas in die Noord-Kaap, aangewys.

Sy aanstelling is van 3 April van krag. Volgens Frank Lawrence, voorsitter van die GWK-direksie, is Brooks al ses jaar lank deel van die GWK-span en “verstaan hy die DNS” van die maatskappy.

“Llewellyn is ’n sterk leier met die vermoë om die GWK-strategie volhoubaar in te stel.”

Brooks en sy span het onder meer daarin geslaag om ’n internasionale verhandelingseenheid met ’n omset van bykans R1 miljard te vestig

Voordat hy hom by GWK aangesluit het, was hy twee dekades lank in die banksektor waar hy luidens ’n verklaring van GWK uitgebreide ondervinding in en blootstelling aan die verhandeling van staatseffekte, asook kommersiële en beleggingsbankdienste, gehad het.

Sy aanstelling kom nadat sy voorganger hom aan die einde Februarie 2017 by die voedselreus Tiger Brands aangesluit het.

“Onder Llewellyn se leiding en met die ondersteuning van ’n sterk GWK-topbestuur, sien ons uit na die volgende fase van volhoubare groei vir GWK,” sê Lawrence.

Pieter Bekker, GWK se bedryfshoof, sal tot 2 April as waarnemende besturende direkteur aanbly.

* GWK en die landbougroep BKB is in samesprekings gewikkel wat tot ’n moontlike samesmelting kan lei.

Die maatskappye het aan die einde van Februarie hul aandeelhouers in kennis gestel dat hulle “in die gees van samewerking, vennootskap en gesamentlike voordeel” begin praat het oor die moontlikheid om die twee ondernemings saam te voeg.

Die doel van die beoogde transaksie is onder meer om ’n doeltreffender en geïntegreerde diens aan produsente te bied en om te verseker dat die gesamentlike onderneming so geposisioneer word dat hulle “relevant” in ’n veranderende landbousektor bly en sakegeleenthede wat opduik, kan aangryp.

“Enige nuwe ontwikkelings sal mettertyd aan die aandeelhouers van GWK en BKB gekommunikeer word,” lui die gesamentlike verklaring deur die twee maatskappye se direksies. – Vida Booysen

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.