24 Julie 18:48
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 9°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Donderdag

18°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

16°C / 10°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Landbou
Skandaal skud Brasilië se vleisbedryf
Werkers by een van JBS Swift & Co. se vleisverwerkingsaanlegte in Brasilië stempel vleiskarkasse. Die maatskappy is een van twee groot Brasiliaanse vleisuitvoerders wat by ’n korrupsieskandaal betrek word.Foto: Bloomberg

Twee Brasiliaanse voedselreuse steier onder bewerings van grootskaalse korrupsie met die uitvoer van vleis wat nie veilig is om te eet nie.

Die skandaal wat die maatskappye JBS SA en BRF SA getref het, kan jare se werk ongedaan maak om verbruikers oor die gehalte en veiligheid van Brasilië se vleis gerus te stel.

Die polisie in Brasilië het verlede Vrydag bekend gemaak hy het bewyse gevind dat ’n aantal vleismaatskappye, insluitend die land se grootste vleisprodusente, regeringsamptenare omgekoop het om die verkoop en uitvoer van besmette vleis toe te laat. Meer as 30 mense is aangekeer en honderde hofbevele is uitgereik in wat die plaaslike media as die grootste polisieoptrede in sy soort in die land se geskiedenis bestempel.

Suur gebruik om stank te verbloem

Daar word beweer dat sommige van die uitvoervleis, insluitend wors en kouevleis, “gedokter” is met bestanddele soos varkkoppe en karton. Daar is voorts beweer die vleis se vrot reuk is deur die toevoeging van groot hoeveelhede suur weggesteek. Verdere oortredings sluit ook moontlik in dat produkte waarvan die vervaldatum verstryk het, herverpak en weer verkoop is.

Die polisie het transkripsies uitgereik van gesprekke wat opgeneem is waarin gesondheidsinspekteurs omgekoop word, soms met voorste vleissnitte.

Sommige van die besmette vleis is as skoolmaaltye in Amerika of aan kleinhandelkettinggroepe soos Wal-Mart verkoop, volgens die polisie en Brasilië se Federale Inkomste-agentskap.

Bestem vir Europa

Die polisie beweer verder dat drie BRF-besendings wat met salmonella besmet is, nog op pad na Europa is.

Brasilië is die wêreld se grootste uitvoerder van bees- en hoendervleis.

Eumar Novacki, woordvoerder van die Brasiliaanse departement van landbou, het die gevolge van die saak as “baie kommerwekkend” bestempel aangesien sommige invoerders die algehele veiligheid van die land se vleis bevraagteken.

Invoerders getrakteer

Michel Temer, die land se president, het Sondagaand die ambassadeurs van die lande wat die meeste van Brasilië se vleis invoer, op ’n ete getrakteer waar hulle soveel biefstuk kon eet as wat hulle wou om te bewys dat plaaslike vleis veilig is.

Intussen het die twee maatskappye in die middelpunt van die skandaal, JBS SA en BRF SA, met ’n reuseveldtog begin om skadebeheer toe te pas. Televisieadvertensies in spitskyktyd en volbladadvertensies in die land se koerante beweer die twee maatskappye het nog nooit vrot vleis verkoop nie en dat hul produkte veilig is om te eet.

Hierna het die gebruiklike reaksie op sosiale media soos Twitter gevolg met onder meer foto’s van stukke karton op sosatiestokkies en ander ironiese kommentaar op die skandaal. – Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.