18 Augustus 22:16
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Landbou
Voëlgriep knou EU se hoenderuitvoer
Voëlgriep sal die Europese Unie (EU) na verwagting vanjaar meer as 100 000 ton aan hoenderuitvoer kos.

Voëlgriep sal die Europese Unie (EU) na verwagting vanjaar meer as 100 000 ton aan hoenderuitvoer kos.

Dit beteken dat dié streek vir slegs die tweede keer in tien jaar ’n afname in sy uitvoer sal beleef, volgens die landbou-nuusdiens agrimoney.com.

Die EU en die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf is in ’n woordestryd gewikkel oor die goedkoop invoer van bevrore beenkwarte uit die EU, wat die Suid-Afrikaanse produsente onder groot druk plaas.

Die EU se uitvoer van braaikuikens sal volgens statistieke van die Amerikaanse departement van landbou (USDA) vanjaar 11,7 miljoen ton beloop. Dit is 105 000 ton minder as wat die USDA vroeër voorspel het en beteken ’n daling van 8,9%, die grootste in 16 jaar.

Volgens die USDA speel ’n invoerverbod wat deur verskeie lande ingestel is ná die uitbreking van die hoogs aansteeklike HPAI-virus in die EU ’n groot rol in die afname.

Die daling in uitvoer kom te midde van stygende produksie wat deur die USDA op ’n rekordvlak van 1,15 miljoen ton vanjaar geraam word. Dit is ’n styging van 120 000 ton, maar met groei van net 1% is die bedryf swakker daaraan toe as met 2016 se groeikoers van 4%.

“Effens hoër voerkoste en laer pryse vir braaihoenders in sommige EU-lande soos Nederland het produksie vanjaar laat verlangsaam ná 2016 se sterk groeilopie in veral Pole en Spanje,” lui die verslag.

Die laer uitvoervlakke en sterker produksie beteken die EU sal vanjaar met ’n oorskot hoender in sy koelkamers sit, maar volgens die USDA begin Europieërs meer hoender eet.

Plaaslike verbruik in Europa het met 130 000 ton tot 12,23 miljoen ton gestyg.

“Daar word steeds verwag dat die EU se binnelandse verbruik van braaihoender met meer as die totale bevolkingsgroei sal styg, wat op ’n klein styging in die per capita-verbruik dui.”

Die redes wat vir hierdie styging aangevoer word, sluit in verbruikers wat onder druk is en na goedkoper vorms van proteïen oorskakel, asook veranderings in mense se dieet weens groter voorkeur vir maerder vleis wat makliker voorberei kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.