29 Junie 04:15
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Maatskappye
Bankondersoek: Investec sê vinger wys na een mens
Investec sê hy wil meer inligting hê oor die beweerde samespanning oor valutatransaksies.

Investec sê die gedrag van ’n “enkele” valutahandelaar in die bank se diens is ter sprake in die klag oor samespanning wat die Mededingingskommissie teen hom ondersoek het.

“Die bank beoog om meer inligting van die Mededingingskommissie aan te vra oor die besonderhede van die klag, sodat ons kan voortgaan om met hulle saam te werk in dié verband,” sê die bank in ’n verklaring wat Vrydagmiddag uitgereik is.

Die ondersoek, wat in 2015 begin is, is dié week na die Mededingingstribunaal verwys.

In die Mededingingskommissie se dokumente word die Investec-verhandelaar uitgesonder as Clint Fenton. 

Ander sogenaamde ‘rogue traders’ wat geïdentifiseer word, is Duncan Howes van Absa, Nicholas Williams van Barclays, Christopher Cummins van Citibank, Jaxon Katz van BNP Paribas en Akshay Aiyer van JP Morgan.

Dit handel oor samespanning tussen banke om die waarde van die rand vas te stel. Daar word aangevoer die vasstelling het die rand oor drie jaar met 43% laat verswak.

Die ondersoek betrek groot internasionale banke en hul plaaslike filiale, soos Bank of America Merrill Lynch, HSBC, BNP Paribas, Credit Suisse, JP Morgan Chase & Co. en Nomura.

Transaksies met “alle groot geldeenhede”, onder meer die dollar, pond en euro, is ondersoek.

Van die Suid-Afrikaanse banke wat ingesluit is, is Standard Bank en Investec.

Absa en sy moedermaatskappy, Barclays, sal ’n boete vryspring omdat hulle met die kommissie saamwerk. Citigroup werk glo ook saam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.