22 Augustus 09:06
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 22km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 11°C

Wind 28km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Saterdag

18°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Maatskappye
Clicks blink uit in moeilike omgewing
David Kneale, uitvoerende hoof van Clicks.Foto: Yunus Mohamed

Clicks se verkope het in die 20 weke tot middel Januarie vanjaar met 13,6% gegroei.

David Kneale, uitvoerende hoof van dié kleinhandelaar wat in skoonheids- en gesondheidsprodukte spesialiseer, sê Clicks het goed gevaar te midde van ’n omgewing waarin verbruikers onder druk is. Die volume van verkope het met 4,2% gegroei, wat meer is as die groei van die meeste ander kleinhandelaars.

Verkope in vergelykbare winkels (dus winkels wat in die vergelykbare tydperk oop was) het met 9,6% gestyg en verkoopprysinflasie was 5,4%.

Kneale sê klantgedrag wys steeds dat mense hul inkopies oor die feestyd tot op die nippertjie uitstel, en Clicks het in die week tot voor Kersfees rekordverkope behaal.

“Wat baie bemoedigend is, is dat ons in die weke ná Kersfees steeds lewendige verkope ervaar het, hoofsaaklik aangedryf deur waarde-promosies dwarsoor al ons produkkategorieë.”

Die totale kleinhandelverkope vir die Clicks-groep het met 12,2% gestyg, en met 8,5% in vergelykbare winkels, met verkoopprysinflasie van gemiddeld 5,3%.

Die groep se totale omset vir die 20 weke het met 8,6% tot R10 miljard gegroei. UPD, die groep se groothandelverspreider van farmaseutiese produkte, het sy omset met 6,4% verhoog en sy verkoopprysinflasie was 4,3%.

Kneale sê die bestuur is vol vertroue dat Clicks sy mededingende markposisie sal handhaaf. Sy uitbreiding van Clicks-takke en -apteke duur voort en sal gesteun word deur die relatiewe veerkragtigheid van die mark vir gesondheid- en skoonheidsprodukte.

Clicks se aandeelprys was Donderdagoggend laat 0,3% laer op R119,27.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.