27 April 09:01
Kaapstad Verander Area

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

21°C / 15°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Maatskappye
Clicks se wins styg skerp
Clicks het in die halfjaar 59 apteke geopen en het nou altesaam 459 in sy winkels.

Die apteekgroep Clicks se wins het in die halfjaar tot einde Februarie met 14,5% tot R582,7 miljoen gestyg.

Die winsgroei is verkry op die groep, wat ook ’n groothandelaar het, se totale omset wat met 8,5% tot R13,1 miljard gestyg het.

Die kleinhandelverkope wat sy Clicks-winkels insluit het stewig met 13% tot R9,2 miljard gestyg. 

David Kneale, uitvoerende hoof van Clicks, sê veral goeie verkope oor die Kerstyd het hiertoe bygedra. 

Volgens hom het Clicks markaandeel op al die belangrike produkkategorieë gewen.

“Die Clicks-kettingwinkels is meer prysmededingend as ooit,” sê hy.

Die apteke en die voorkant van die winkels het dubbelsyfergroei in verkope getoon. 

Talle nuwe winkels is geopen en Clicks het nou 600 winkels waarvan 459 apteke het.

In dieselfde winkels as in 2016 in dieselfde halfjaar het verkope met 7,5% gestyg. 

Die inflasie in sy winkels was 5,2%.

Hy sê goeie volumegroei is gekry wat beteken meer produkte as in die ooreenstemmende tydperk is verkoop.

Die Clicks-groep se farmaseutiese groothandelaar UPD het ook meer winsgewend geword.

Die bedryfswins van die groep is 14,7% hoër nadat die bedryfswinsmarge met 30 basispunte tot 6,4% verhoog is. 

Clicks en die groothandelaar UPD het hul marges verhoog.

UPD het ook sy markaandeel verhoog omdat sy omset met 9,6% gestyg het, wat beter as die farmaseutiese mark se groei van 5,6% is. 

Die tussentydse dividend is met 15,8% tot 88c per aandeel verhoog. 

Kneale het oor die vooruitsig vir die res van sy boekjaar gemaan die lae ekonomiese groei, hoër belasting en voortgesette politieke probleme gaan negatief wees vir die besteebare inkomste en verbruikersentiment in die komende maande. 

Pick n Pay het ook vroeër die week gewaarsku verbruikersentiment word negatief deur die politiek beïnvloed. 

Kneale sê Clicks se mark van gesondheid en skoonheid is standvastig in sulke ekonomiese tye. 

Hy glo die maatskappy sal sy verwaterde wesensverdienste per aandeel vir die volle boekjaar met 11% tot 16% kan groei. 

In die halfjaar het die verwaterde wesensverdienste per aandeel met 13,5% gestyg. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.