26 April 13:41
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maatskappye
Dit speel in Zuma se hand
Pres. Jacob Zuma. Foto: Thapelo Maphakela

Die ondersoek oor die samespanning tussen banke om die rand te manipuleer, versterk pres. Jacob Zuma se hand in sy geveg teen die banke. 

Die ANC het Donderdag in ’n verklaring gesê “die korrupsie toon die etiese krisis in die banksektor”. 

Volgens Reuters het Zuma in die parlement gesê die regering is reg om teen markmisbruik, prysvasstelling en samespanning in die private sektor op te tree om die ekonomie te beskerm.

Die ANC sê dit “toon hoe die markte deur oorheersende oligopolieë gemanipuleer word om sy funksionering te verlam om hul misdadige agendas te pas”. 

Die ANC het die regering aangemoedig om dringend stappe te doen om die finansiëledienstesektor te diversifiseer, nuwe rolspelers ’n kans te gee en die bedryf te transformeer. 

Die vyf grootste banke beheer bykans 90% van die plaaslike banksektor.

Zuma het voorheen bespiegel dat Standard Bank, Barclays Africa, FirstRand en Nedbank saamgespan het toe hulle die bankrekeninge van maatskappye wat deur die omstrede Gupta-familie beheer word, gesluit het.

Daniel Silke, direkteur van die politieke konsultantgroep Political Futures, meen dit pas ’n bestaande negatiewe relaas oor die etiek en rol van die groot banke in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

“Volgens Zuma word hul geloofwaardigheid nou bevraagteken in die kwessie oor valutamanipulasie, terwyl hul geloofwaardigheid reeds bevraagteken word met betrekking tot hul wurggreep op die ekonomie,” sê Silke.

Zuma het ook Donderdag in die parlement gesê hy sien uit na die transformasie van die finansiële sektor sodat nuwe rolspelers die sektor kan betree. 

– Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.