21 Augustus 08:33
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Maatskappye
Famous Brands: ‘Nuwe’ Wimpy, Steers help groei
Die ‘nuwe’ Wimpy wat onlangs ’n nuwe korporatiewe identiteit gekry het, is volgens Famous Brands een van die redes hoekom sy verkope in Suid-Afrika gestyg het. Foto: Verskaf

Mense hou baie van die "nuwe" Wimpy en Steers wat beide 'n nuwe korporatiewe beeld gekry het,  terwyl Debonairs Pizza en Fishaways ook gewild is.

Dit is veral dié vier restaurantgroepe wat ’n bydrae tot die groep se groei van 13,8% in sy Suid-Afrikaanse verkope vir die halfjaar tot einde Augustus gemaak het.

Darren Hele, uitvoerende hoof van Famous Brands, sê “in die konteks van uitdagende handelsomstandighede in die oorsigtydperk het die groep se onwrikbare fokus op bestendige verbetering en belegging in die onderneming gehelp om goeie resultate te lewer”.

Die groep se inkomste in geheel het met 23% tot R2,4 miljard gegroei terwyl sy bedryfswins, insluitende buitengewone items, 51% hoër is op R525 miljoen teenoor die ooreenstemmende halfjaar is.

Die twee buitengewone items is die afgeleide groei van R141 miljoen op die koopopsie om die koopprys van Gourmet Burger Kitchen (GBK) te verskans en die waardedaling van R20 miljoen op Famous Brands se belegging in UAC Restaurante in Nigerië in 2013.

Bedryfswins voor hierdie items is 17% hoër op R404 miljoen.

Darren Hele, uitvoerende hoof van Famous Brands.Foto: Verskaf

Famous Brands se grootste verkryging tot dusver, die Britse GBK-groep wat hy in September vir £120 miljoen gekoop het, word as een van die groot redes gegee hoekom daar nie ’n dividend betaal is nie.

Volgens ’n Sens-verklaring wat Maandag uitgereik is, het die verkryging van dié groep van ongeveer 80 restaurante, tot ’n hoër vlak van hefboomfinansiering gelei.

Die groep se Britse bedrywighede was ook onder druk en sy inkomste het met 2,6% in pondwaarde gedaal. Weens die wisselkoers het inkomste wel met 7,7% in die rand tot R57,6 miljoen gegroei.

Famous Brands beplan om dividende eers weer in 2018 te begin betaal terwyl hy steeds daarop fokus om die groep uit te brei.

In Suid-Afrika sal verbruikers in Februarie 2017 by Paul-restaurant, wat sy deure in Melrose Arch gaan oopmaak, vir eg Franse gebak en koffie kan aansit.

Die groep besit 2 626 restaurante wêreldwyd en het 75 nuwes in die ses maande tot einde Augustus oopgemaak.

Die meeste van die nuwe restaurante, 64, is in Suid-Afrika oopgemaak.

Die groep se inkomste uit sy vervaardigingsbedrywighede het in die tydperk met 53% tot R1,3 miljard gegroei. Die bedryfswins vir vervaardiging het met 64% tot R166 miljoen toegeneem.

Dit was veral die Fine Cheese Company, Sauce and Spice en Midrand Meat-fabriek wat goeie groei getoon het.

In die volgende halfjaar, sê Famous Brands, sal sy Coega-tamatiepastafabriek, wat hy ook in 2016 gekoop het, begin om produkte te lewer terwyl hy glo gesnyde kaasprodukte van die Fine Cheese Company sal ook ’n goeie finansiële bydrae lewer.

Famous Brands se aandeelprys het Vrydag op die JSE op R161,56 gesluit.

Famous Brands-syfers tot einde Augustus

* Inkomste neem met 23% tot R2,4 miljard toe.

* Bedryfswins (insluitende buitengewone items) neem met 51% tot R525 miljoen toe.

* Basiese verdienste per aandeel groei met 62% tot 361c per aandeel.

* Wesensverdienste per aandeel groei met 71% tot 411c per aandeel.

* Kontant styg met 19% tot R457 miljoen.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.