28 Junie 19:38
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Maatskappye
Fly Blue Crane staak vlugte
Siza Mzimela (regs), uitvoerende hoof van Fly Blue Crane, vroeër by die bekendstelling van die lugdiens saam met ’n lugwaardin en ’n model van een van die lugdiens se vliegtuie. Foto: Lucky Nxumalo

Fly Blue Crane, die streeklugdiens wat deur Siza Mzimela begin is nadat sy bedank het as uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het alle vlugte vir eers gestaak.

Tot Vrydagoggend het die lugdiens egter steeds besprekings via sy inbelsentrum en sy webwerf aanvaar.

Etienne Naude, sakereddingspraktisyn van Fly Blue Crane, het Vrydag bevestig die lugdiens het sy bedrywighede tydelik opgeskort. Volgens hom is dit “ ’n stap wat die lugdiens in staat sal stel om sy bedrywighede te herstruktureer, kritieke ooreenkomste te bereik en sy vliegrooster te verfyn”.

Hy het uitstel gevra by Fly Blue Crane se krediteure want hy sal binne die volgende paar weke ’n voorgestelde sakereddingsplan voorlê.

Die lugdiens het in November laat weet hy het vir vrywillige sakeredding aansoek gedoen, skaars ’n jaar nadat hy in September 2015 begin vlieg het.

Hendrik Willemse, ’n sakeman in die konstruksiebedryf, wou Vrydagoggend met Fly Blue Crane terugvlieg na Johannesburg nadat hy in Mthatha was vir ’n kontrak, maar toe hy Donderdag solank aanlyn wou inboek is gesê hy het nie betaal nie, hoewel hy die vlug reeds in Januarie bespreek en met sy kredietkaart betaal het.

Willemse vertel hy het ná verskeie oproepe by Fly Blue Crane se hoofkantoor uitgekom, waar iemand aan hom gesê het alle vlugte is weens tegniese probleme gekanselleer. Hulle het wel beloof om sy geld terug te betaal.

Willemse moes toe Oos-Londen toe ry om met FlySafair ’n vlug terug te kry na Johannesburg.

Fly Blue Crane het in Oktober verlede jaar met die vlugte tussen Johannesburg en Mthatha begin.

Fly Blue Crane het in Oktober verlede jaar met die vlugte tussen Johannesburg en Mthatha begin. Willemse sê dit was teen R995 vir ’n eenrigtingkaartjie heelwat goedkoper as die SAL en SA Express wie se goedkoopste kaartjies sowat R1 200 was, en in sommige gevalle soveel as R3 000.

Fly Blue Crane bied ook vlugte van Johannesburg na Kimberley en Bloemfontein, tussen Kimberley en Kaapstad, en tussen Bloemfontein en Kaapstad.

Mzimela was van 2010 tot 2012 hoof van die SAL en voorheen sewe jaar lank die hoof van SA Express.

Naudé het luidens ’n berig van eNCA verlede maand gesê hy is vol vertroue dat Fly Blue Crane sy probleme sal oorkom.

Hy het Vrydag herhaal dat hy optimisties bly dat die lugdiens sy uitdagings sal oorkom. “Om ’n volhoubare strategie vir die lugdiens te help ontwikkel en in werking te stel, het ek Fly Blue Crane se krediteure vir uitstel gevra.”

Hy het in Januarie verduidelik die lugdiens heroorweeg sy roetes en dit kan van tyd tot tyd gebeur dat die getal vlugte na van die bestemmings verminder word wanneer die vraag afneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.