27 April 09:00
Kaapstad Verander Area

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

21°C / 15°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Maatskappye
FlySafair mees stiptelike lugdiens ter wêreld
Die lugdiens FlySafair. Foto: Argief

Die laekostelugdiens FlySafair is deur OAG, ’n lugvaartintelligensiespesialis, aangewys as die lugdiens wat die afgelope jaar wêreldwyd die meeste betyds was.

FlySafair het ’n jaarlikse algehele stiptelikheidsprestasie (OTP) van 95,94% behaal.

Hy is ook een van net drie lugdienste wat ’n vyfstergradering ontvang het. Die ander twee is Jazeera Airways en Air Baltic. Van dié drie is FlySafair die enigste laekostelugdiens.

Sedert FlySafair in 2014 met bedrywighede begin het, het hy al verskeie pryse ontvang vir sy OTP.

In 2016 was dié lugdiens nommer een vir die mees stiptelike Suid-Afrikaanse lugdiens met ’n algehele telling van 95,41% by alle Suid-Afrikaanse lughawens.

OAG kyk na alle lughawens en lugdienste, ongeag die grootte of geografiese ligging daarvan.

Volgens Caroline Mather, bemarkingsdirekteur van OAG, is dit moeilik vir ’n lugdiens om ’n OTP te kry van byna 96%. “Dit vereis uiters gladde bedrywighede en uitsonderlike fokus van almal in die span.”

Elmar Conradie, uitvoerende hoof van FlySafair, sê dié prestasie wys op die gehalte van Suid-Afrikaanse lugdienste. “Dit wys dat ons met die beste kan meeding.”

Hy sê ’n uitstekende OTP was ’n prioriteit vir FlySafair van die begin af.

“Ons het die behoefte van die Suid-Afrikaanse publiek raakgesien vir ’n diensverskaffer wat konstant betyds is en ons teikens is selfs hoër gestel as dít wat vereis word deur die plaaslike lughawe-owerhede.”

– News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.