26 April 07:55
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maatskappye
Pioneer: Kenia sê ja vir transaksie
Die ontbytkosgroep Pioneer Foods het ’n belang in Weetabix East Africa Bpk verkry.

Die finale jawoord is gegee vir ­Pioneer Foods se verkryging van ’n belang in Weetabix East Africa Bpk.

Die Suid-Afrikaanse voedselreus het Woensdag in ’n aankondiging op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê die transaksie waarin hy 49,89% van die Keniaanse maatskappy Weetabix East Africa sal verkry, is “onvoorwaardelik deur die mededingingsowerheid van Kenia goedgekeur en daar is nou aan alle ander voorwaardes vir die transaksie voldoen”.

Pioneer het in November verlede jaar aangekondig dat hy ’n voet in die deur in die mark vir ontbytkos in Oos-Afrika kan kry met dié transaksie.

Die gesamentlike onderneming word in vennootskap met die Britse Weetabix UK onderneem.

Pioneer het in Junie verlede jaar sy nuwe Bokomo-aanleg in Engeland geopen en in Augustus ’n ooreenkoms beklink om die aandelekapitaal van Streamfood Holdings, ’n Britse ontbytkosvervaardiger, vir £7,5 miljoen te verkry.

* Pioneer het Dinsdag ook aanduidings van ’n moontlike volgende verkryging gegee. In ’n Sens-omsigtigheidsverklaring aan sy aandeelhouers meld die maatskappy dat hy genader is om ’n “materiële transaksie te ondersoek wat ’n uitwerking op die aandeelprys van die maatskappy kan hê indien dit uitgevoer word”.

Die verwagte korporatiewe aktiwiteit is in ooreenstemming met Pioneer Foods se strategiese rigting en die maatskappy ondersoek die meriete van die voorgestelde transaksie, lui die verklaring.

Pioneer Foods se aandeelprys was Woensdagoggend 0,46% laer op R167,33

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.