26 April 07:51
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maatskappye
Raai raai, wie hou die meeste van hul bank?

Capitec is vir die vierde opeenvolgende jaar die bank waarmee Suid-Afrikaanse kliënte die mees tevrede is.

Hoewel kliënte in 2016 effens minder tevrede met dié bank was, skop hy steeds stof in die oë van ander banke, onder meer wat betref gehalte, waargenome waarde, kliëntelojaliteit en lae vlakke van klagtes met hoë koerse van klagte-oplossing.

Capitec het sy topposisie onder banke behou met ’n telling van 83,1 uit 100, volgens die Suid-Afrikaanse indeks van verbruikerstevredenheid (SAcsi).

Die gemiddelde telling van banke was 76,5 uit 100.

Capitec se telling het egter effens gedaal van 83,8 punte in 2015.

FNB, wat weer eens tweede is, se telling het met 1,5 punte tot 81,3 verbeter.

Nedbank, met ’n telling van 77, was ook bo die gemiddelde.

Meer as 17 400 kliënte van Capitec, FNB, Nedbank, Absa en Standard Bank het aan die peiling deelgeneem.

Absa (74,2) en Standard Bank (71,9) se tellings was onder die gemiddelde.

SAcsi is ’n ekonomiese aanwyser van verbruikerstevredenheid oor die gehalte van produkte en dienste. Die indeks word deur die navorsingsfirma Consulta saamgestel.

“Ons het empiriese bewyse dat dit kliënte-ervaring is wat in die bankbedryf tot tevredenheid lei eerder as produk-innovasie,” sê prof. Adré Schreuder, stigter van SAcsi en die uitvoerende hoof van Consulta.

“Te danke aan die gemak van banksake doen en die eenvoud van dienste het Capitec en FNB in dié opsig goed gevaar.”

As Capitec en FNB met hul Amerikaanse eweknieë vergelyk word, vaar hulle “uiters goed”, sê Schreuder. As hul tellings vergelyk word met die Amerikaanse indeks van verbruikerstevredenheid, sou Capitec nommer een gewees het en FNB in die vierde plek.

“Daar is ’n duidelike differensiasie in kliënte-ervaring in die bankbedryf vergeleke met ander bedrywe wat ook deur SAcsi gepeil word. Maatskappye in die meeste ander bedrywe is geneig om tellings te kry wat baie nader aan mekaar is,” sê Schreuder.

Capitec het ook die beste netto aanbevelingstelling (net promotor score of NPS) – die waarskynlikheid dat ’n kliënt sy bank aan iemand anders sal aanbeveel – wat aandui dat kliënte van Capitec meer waarskynlik dié bank sal aanbeveel.

Capitec se NPS is 53%, wat 28 persentasiepunte meer is as die bedryf se gemiddelde van 25%.

FNB is in tweede plek met 47%, terwyl Nedbank se telling van 26% slegs 1 persentasiepunt bo die gemiddelde is

Absa (13%) en Standard Bank (7%) se kliënte sal minder waarskynlik hul bank aanbeveel aan vriende of familielede.

“Op die ou end wil kliënte ’n bank hê wat aan hul verwagtinge voldoen, hul beloftes nakom en aan hulle ’n uitstekende kliënte-ervaring bied,” sê Schreuder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.