27 April 18:39
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Maatskappye
Richemont styg sterk na goeie verkope in Asië
Richemont se juweliersware en dié handelshuise se horlosies het goed verkoop oor die feestyd. Sy juwelierswarehuise sluit in Cartier.

Die luuksegoederegroep Richemont se aandeelprys het Donderdagoggend kort voor tien reeds skerp met 7,4% tot R102,57 gestyg.

Richemont besit die juwelierswaremaatskappy Cartier en verskeie Switserse horlosiemakers, soos Baume & Mercier, IWC, Jaeger-LeCoultre en Piaget.

Herman Lloyd, ’n portefeuljebestuurder van FNB Sekuriteite, sê die belangrikste rede daarvoor is omdat Richemont se verkope in Asië in die kwartaal tot einde Desember beter as verwag was.

Richemont het sy handelsoorsig vir die kwartaal en vir die eerste nege maande van sy boekjaar Donderdagoggend uitgereik.

“Dit lyk volgens die syfers of dinge baie beter gaan as verwag. Dus die mooi lopie in die prys vanoggend.”

Die handelsoorsig het getoon die feestyd was goed vir Richemont in Asië omdat verkope met 9% gestyg het.

“Die mark het geen groei verwag nie.”

Volgens hom kom 45% van hul omset uit Japan en ander markte in Asië. “Dus is groei in daardie markte baie belangrik vir die maatskappy.”

Op die grondslag van konstante wisselkoerse (wat die impak van wisselkoerse tussen die twee jare uitsluit) het sy verkope in Asië en die Stille Oseaan-gebied met 10% gestyg. Teen die huidige wisselkoers het dit met 9% gestyg.

Volgens Richemont toon dit ’n sterk vertoning in die vasteland van China en Korea.

’n Voortgesette daling in verkope het egter in Hongkong en Macau plaasgevind.

’n Daling in verkope in Japan is tot 1% beperk danksy die standvastigheid van sy plaaslike klante en die heropening van Cartier se vlagskipwinkel in Tokio, volgens Richemont.

Die mark het geen groei verwag nie.
Herman Lloyd, portefeuljebestuurder by FNB Sekuriteite

In Europa het verkope (uitgesluit die impak van wisselkoersbewegings) met 3% verhoog in teenstelling met die 17%-daling wat in die eerste ses maande van die jaar ervaar is.

“Hierdie verbetering is hoofsaaklik gedrewe deur goeie verkope aan inwoners en toeriste in Brittanje asook sterk verkope van juweliersware in die hele streek,” lui die handelsoorsig.

Verkope in die Midde-Ooste en Afrika is steeds onder druk en het in konstante wisselkoerse met 1% gedaal.

Verkope op die Amerikaanse vasteland het met 8% gestyg vanweë sterk verkope van juweliersware en die heropening van die Cartier Mansion in New York.

Juweliersware skitter

Richemont toon behalwe vir die streke waar hy duur handelsware verkoop ook hoe die onderskeie kategorieë se verkope gestyg of gedaal het.

Die verkope van juweliersware en dié handelsmerke se horlosies het sterk met 8% gestyg.

Die verkope van die duur Switserse horlosies wat in die groep se stal is, is steeds onder druk. Verkope het met 2% gedaal.

Waarsku oor wins

Ondanks die goeie verkope in die derde kwartaal kon dit nie sy verkope tot dusver vir sy boekjaar (wat einde Maart eindig) lig nie.

Verkope het in die nege maande tot einde Desember in konstante wisselkoerse met 6% gedaal en met 7% as die huidige wisselkoerse gebruik word. Verkope het oor die tydperk in al sy streke gedaal.

Boonop waarsku Richemont sy netto wins vir die jaar gaan moeilik vergelykbaar wees weens die wins in die vorige jaar wat spruit uit die samesmelting tussen Net-A-Porter en Yoox.

Sy resultate vir die boekjaar word in Mei verwag.

Richemont het einde Desember nog op ’n hoop kontant van 5,2 miljard gesit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.