22 Augustus 09:16
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 58%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maatskappye
Rommelstatus stuit Pioneer se planne
Die swak rand weens Suid-Afrika se afgradering maak oorsese uitbreiding vir Pioneer onaptytlik.

Pres. Jacob Zuma se kabinetskommeling en die daaropvolgende kredietafgradering van die land het ’n groot Suid-Afrikaanse maatskappy se internasionale uitbreiding gestuit.

Die voedselreus Pioneer Foods het sy aandeelhouers Vrydag ingelig dat samesprekings oor ’n groot transaksie afgelas is “weens die onlangse afgradering van Suid-Afrika se staatskuld en die potensiaal vir bykomende afgraderings”.

Dit is opgevolg deur ’n soortgelyke waarskuwing deur die landboubeleggingsmaatskappy Zeder. Sy belegging in Pioneer Foods is sowat 74% van sy huidige markkapitalisasie.

Pioneer, wat voedsel soos mieliemeel, pasta en vrugtesap vervaardig, en groot handelsname soos Weet-Bix en Ceres in sy stal het, het sy aandeelhouers op 7 Maart gewaarsku dat hy samesprekings oor ’n moontlike transaksie voer. Bespiegeling in die mark was dat hy in die Britse maatskappy Weetabix belangstel.

Pioneer het verlede jaar ’n verkryging in Oos-Afrika gedoen toe hy ’n belang van 49,89% in Kenia se Weetabix-onderneming verkry het. Dié verkryging het ’n gesamentlike onderneming met Weetabix in Brittanje gevestig.

Die ontleder Anthony Clark van Vunani Securities het toe daarop gewys dat ’n belang van 60% in die Britse Weetabix-maatskappy in die mark is teen ’n prys van tussen R17 miljard tot R22 miljard.

Clark het bereken dat Pioneer sowat R4 miljard beskikbaar het om ’n oorsese verkryging te doen en die maatskappy sou dus skuld moes maak om hierdie belang te koop, of om ander moontlike oorsese verkrygings te doen.

“Pioneer se waarskuwing Vrydag bevestig dat sy vermoë om skuld te maak vir sy buitelandse verkryging in die wiele gery is deur pres. Zuma se kabinetskommeling en die rommelstatus wat dit veroorsaak het,” sê Clark.

Vóór die kabinetskommeling was die rand op sy sterkste vlak in twee jaar van R12,31/$ wat ook ’n buitelandse transaksie ietwat goedkoper vir ’n Suid-Afrikaanse maatskappy sou maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.