29 Maart 23:02
Kaapstad Verander Area

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Vrydag

18°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 14°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Maatskappye
SAL het nie geld om vliegtuie te koop

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal voortgaan om vliegtuie te huur eerder as te koop, want hy is “eenvoudig nie in ’n posisie” om te koop nie.

Dit blyk uit antwoorde op vrae wat die parlement se staande komitee oor finansies aan die SAL-direksie gestel het. Dit het vroeër uit die antwoorde aan die lig gekom sy verwagte verlies vir die 2017-boekjaar bedra R3,5 miljard - R2 miljard meer as die verlies van R1,5 miljard in 2015.

 Volgens die direksie is die staatsbeheerde lugdiens se balansstaat te swak om vliegtuie te koop.

Die komitee het die direksie gevra wat die rede is dat vliegtuie gehuur word en of dit werklik goedkoper is in die konteks van die langtermyn-omdraaiplan.

Volgens die direksie is dit inderdaad beter om sekere vliegtuie te koop, maar is die kontantvloei nie goed genoeg om aankope te kan doen nie.

“Wyeromp-vliegtuie het meer risiko’s verbonde aan regstreekse aankoop as smalrompvliegtuie omdat die herverkoopmark kleiner is.”

Wyerompvliegtuie word meestal vir langafstand- internasionale vlugte gebruik, terwyl die smalrompvliegtuie gepas is vir binnelandse roetes.

Die direksie het wel uitgewys dat nuwe rekeningkunde-standaarde oor huurkontrakte vereis dat vliegtuie op die balansstaat weerspieël moet word asof dit gekoop is. Dit sal van die 2019-boekjaar geld.

Die SAL het in 2002 ’n koopooreenkoms met die Europese vervaardiger Airbus gesluit vir die koop van 20 Airbus A320-vliegtuie. Die eerste tien van dié vliegtuie is reeds afgelewer, en die lewering van die res sou vanjaar plaasgevind het. Nhlanhla Nene, ’n voormalige minister van finansies, het egter destyds ’n transaksieplan voorgestel wat sou beteken die SAL ruil die koop van die oorblywende tien vliegtuie met die huur van vyf A330-300 vliegtuie. Dit sou beteken dat die SAL nie meer bykomende voorafleweringsbetalings van R603 miljoen aan Airbus sou hoef te gedoen het nie.

Die verandering in die transaksie het egter in ’n drama ontaard toe Dudu Myeni, omstrede voorsitter van die SAL, die huurkontrak wou heronderhandel. Myeni wou hê die vyf vliegtuie moet gekoop word, en dan aan ’n plaaslike batemakelaar verkoop en terugverhuur word.

Hoewel pres. Jacob Zuma vir Nene in Desember 2015 afgedank het, het Pravin Gordhan, wat Nene opgevolg het, steeds Nene se oorspronklike voorstel gesteun.

Die SAL-direksie het in die antwoord op die parlementêre vrae erken die regering kan nie voortgaan om die lugdiens met staatswaarborge regop te hou nie.

’n “Strategiese adviseur vir herstrukturering” gaan aangestel word om die SAL se langtermyn-omdraaiplan te hersien. – Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.