23 Augustus 08:14
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 66%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 36km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

18°C / 8°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Maatskappye
SAL se verlies skiet die hoogte in
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens wil kontrakteurs glo oorreed om nog swartbemagtigingsvennote te aanvaar.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se verwagte verlies vir die 2017-boekjaar bedra R3,5 miljard, blyk uit die jongste antwoorde op parlementêre vrae.

Dit is R2 miljard meer as die verlies van R1,5 miljard wat in die 2016-boekjaar gely is.

Alf Lees, woordvoerder oor finansies van die DA, sê al manier om die verliese by die lugdiens te stop, is om die lugdiens onder sakeredding te plaas en om ’n private belegger te kry.

Vier maande gelede is nog verwag die SAL se verlies sal R1,7 miljard wees. Lees sê dit sal bloot beteken dat die SAL se kontant weer gaan opraak en dat hy vir nog ’n staatswaarborg by die nasionale tesourie gaan bakhand staan.

Die parlement se staande komitee oor finansies het vrae aan die SAL-direksie gestuur oor die staatslugdiens se geldsake, berig Fin24.

Die direksie het hierop geantwoord sy begrote verlies vir 2017 was R1,7 miljard, maar die hersiende vooruitskatting dui op ’n verwagte verlies van R3,5 miljard.

Die regering het in September verlede jaar ’n bykomende waarborg van R4,7 miljard gegee, wat die totale staatswaarborg aan die SAL op R19,1 miljard te staan bring.

In Februarie se begrotingsdokumente het die tesourie gesê die SAL het reeds R3,5 miljard van die waarborg van R4,7 miljard gebruik, met die res daarvan wat waarskynlik in die 2018-boekjaar gebruik sal word.

Die tesourie het in die begrotingsoorsig gesê die SAL bly tegnies insolvent. ’n Samevoeging met SA Express en ’n strategiese aandeelvennoot word oorweeg.

Die tesourie se poging om die SAL op ’n meer volhoubare trajek te plaas, word egter steeds in die wiele gery deur politiekery en leierskapskwessies.

Toe Pravin Gordhan, minister van finansies, in Februarie met die direksie van die SAL vergader het, was Dudu Myeni, die omstrede voorsitter die SAL-raad en wat ’n vriend van pres. Jacob Zuma is, nie by die vergadering nie.

Volgens die tesourie sal hy in die 2018-boekjaar die SAL geldelik steun op ’n manier wat nie die nasionale begrotingstekort vergroot nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.