29 Junie 04:13
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Maatskappye
Só styg DStv se pryse (al weer) in April
DStv is 'n produk van MultiChoice.

TV-kykers gaan vanaf 1 April meer vir hul gunstelingtelevisiereekse en -sportkanale moet opdok nadat MultiChoice nuwe tariewe vir sy DStv-dienste aangekondig het.

Die nuwe tariewe sluit in:
  • DStv Premium – verhoog van R759 na R789.
  • DStv Extra – verhoog van R459 na R489.
  • DStv Compact – verhoog van R345 na R365.
  • DStv Family – verhoog van R219 na R235.

Die tariewe sluit nie bykomende dienste soos versekering in nie - individue se rekeninge kan dalk verskil. Mense wie se tariewe vir twee jaar vasgesluit is, betaal ook ander bedrae.

Die tariewe vir al die beskikbare DStv-pakkette, met die uitsluiting van twee pakkette, is verhoog. Volgens DStv het hy egter “sy bes gedoen om subskripsiegeld laag te hou, ondanks die moeilike ekonomiese klimaat”.

DStv Premium- en DStv Extra-pakket styg elk met R30 per maand. Dit is onderskeidelik ’n styging van sowat 4% en 6,5%, wat minder is as verlede jaar se stygings van 8% of meer.

DStv Compact- en DStv Family-pakket styg onderskeidelik met R20 en R16 per maand.

DStv Access en DStv EasyView se tariewe bly onveranderd op onderskeidelik R99 en R29 per maand.

BoxOffice se pryse en die versekering van die dekodeerder bly dieselfde.

* Netwerk24 is soos MultiChoice in die Naspers-stal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.