25 April 18:20
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

26°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 45%

Sondag

22°C / 16°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

18°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Maatskappye
Suikertand-belasting erger vir Pepsi as vir Coke
Die voorgenome suikerbelasting op koeldrank kan klein koeldrankvervaardigers uit die mark uit druk.

Die regering se voorgestelde suikerbelasting sal erg tussen verskillende segmente van die koeldrankmark diskrimineer en in werklikheid belastingkoerse van tussen 8% en 50% tot gevolg hê.

Die belasting, wat ten doel het om vetsug hok te slaan, gaan moontlik onbedoelde gevolge hê en sekere vervaardigers, soos Coca-Cola Beverages SA, bo hul mededingers bevoordeel.

Luidens die tesourie se beleidsdokument wat tans vir openbare insae beskikbaar is, is die plan om ’n belasting van nagenoeg 20% op versoete drankies te hef.

Die voorgestelde belasting van 2,29c per gram toegevoegde suiker sal 20% tot die huidige prys van ’n 1-liter-bottel Coca-Cola voeg, maar dis hier waar die 20%-oogmerk stop.

In praktyk beteken die 2,29c-koers dat ’n blikkie koeldrank van 330 ml ’n baie lae belastingkoers het.

Aangesien die bedryf groter eenhede soos 2-liter-bottels teen ’n afslag verkoop, sal die belasting tot 50% beloop op groot bottels van veral goedkoop koeldrank.

    

     

Dié feit is een van die punte van kritiek wat opgehaal gaan word deur die bedryfsliggaam, Bevsa, wat die voorstel beskryf as die “ergste bestrawwende opsie”.

“Dit is nié ’n 20%-belasting nie,” sê Mapule Ncanywa, uitvoerende direkteur van Bevsa. “Ons is glad nie gelukkig nie.”

Die uitwerking van die belasting op die onderskeie vervaardigers gaan wyd wissel afhangende van hoeveel kleiner en hoeveel groter produkte hulle verkoop.

Wendy Thole-Muir, Coca-Cola se woordvoerder, sê ’n ontleding wat hulle self gedoen het, wys die belasting sal gemiddeld “net bo 20%” wees wanneer die gemiddelde van kleiner en groter eenhede in ag geneem word.

Gevaar vir kleiner vervaardigers

Kleiner vervaardigers soos SoftBev, wat PepsiCo-produkte in Suid-Afrika botteleer, sowel as laekoste- plaaslike handelsname soos Coo-ee en Jive, sal meer belasting betaal.

Coo-ee is gewoonlik goedkoper as Coca-Cola-produkte en word in grootmaat verkoop. Teen die huidige pryse sal die belasting op sommige Coo-ee-produkte tot 50% wees.

Vir die belasting om die nodige gedrags-verandering teweeg te bring, moet daar ’n deurgee van belasting aan verbruikers plaasvind.

SoftBev wou nie kommentaar lewer buiten die amptelike standpunt wat deur Bevsa geformuleer is nie.

Standard Bank het die afgelope week die kollig laat val op dié probleem en voorspel dat dit die sogenaamde “B-handelsname” uit die mark kan druk.

Dit is nog onseker of die vervaardigers beplan om minstens ’n gedeelte van die belasting te absorbeer of dit alles aan verbruikers deur te gee.

“Vir die belasting om die nodige gedragsverandering teweeg te bring, moet daar ’n deurgee van belasting aan verbruikers plaasvind,” sê die tesourie.

Maklike teiken

Die koeldrankbedryf gaan ook na verwagting aanvoer dat hulle op ’n irrasionele wyse geteiken word terwyl mense baie ander suiker verbruik. Coca-Cola sê aan Sake-Rapport hy glo nie die belasting gaan die gewenste uitwerking op gedrag hê nie.

Ncanywa sê die tesourie kies die maklike teiken. Die gaskoeldrankbedryf is gekonsentreer en dis maklik om belasting te administreer in dié bedryf.

Die tesourie regverdig weer die belasting op gaskoeldranke deur te sê dit is meer skadelik vir mense se gesondheid as ander produkte.

Anders as koekies, lekkers of sjokolade is daar nie veel meer voedingswaarde nie, voer die regering aan.

Die toename in die verbruik van gaskoeldrank is een van die mees prominente veranderinge in die nasionale dieet sedert die 1990’s, lui ’n navorsingsverslag van wetenskaplikes aan die Universiteit Stellenbosch wat in die SA Journal of Science gepubliseer is.

Suid-Afrikaners het oor die jare minder suiker begin koop, maar meer suiker begin inneem deur meer koeldrank en kos met suiker in te eet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.