Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Maatskappye
Transnet ontken hy wil werkers aflê
Diesellokomotiewe wat by Transnet se ingenieursafdeling, Transnet Engineering, in Koedoespoort in Pretoria vervaardig word. Foto: Transnet

Transnet het Maandagmiddag bewerings deur die vakbond Untu van grootskaalse afleggings by dié staatsvervoergroep ontken.

Molatwane Likhethe, woordvoerder van Transnet, sê die bewerings deur Steve Harris, hoofsekretaris van Untu, is heeltemal onakkuraat aangesien Transnet tans glad nie gedwonge afleggings oorweeg nie.

“Enige verklaring oor afleggings by Transnet is van alle waarheid ontbloot en kan onsekerheid onder ons werknemers saai,” het Likhethe gesê in reaksie op Untu se verklaring wat reeds verlede Donderdag aan Transnet vir kommentaar gestuur is.

Hy sê Transnet waardeer en respekteer sy verhouding met sy werknemers en verseker hulle dat daar geen gedwonge afleggings sal wees nie.

Volgens hom ondermyn Harris se verklaring die kommunikasiekanale wat tussen Transnet en sy vakbonde, Satawu en Untu, bestaan.

Likhethe sê Transnet het wel vroeër vanjaar vrywillige skeidingspakkette aan werknemers aangebied om doeltreffendheid in die organisasie te verbeter. Die skeidingspakketprogram was heeltemal vrywillig en is gedoen in ooreenstemming met sake- en bedryfsvereistes, wat die behoud van vaardighede insluit. Daar was geen teikens vir die program nie.

Volgens Likhethe is Harris in besit van ’n nie-amptelike dokument met syfers wat gegrond is op ’n konsep-dokument wat die vrywillige skeidingspakkette voorafgegaan het.

Harris het in verlede week se verklaring aangevoer dat Transnet sy loonrekening oor die volgende drie jaar met R4 miljard wil verklein en oorweeg die aflegging van 9 000 werknemers.

Transnet het in totaal sowat 49 000 werknemers.

Meer oor:  Transnet  |  Untu  |  Satawu  |  Molatwane Likhethe  |  Steve Harris  |  Afleggings  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.