21 Augustus 04:45
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Maatskappye
Unilever sê nee vir Kraft Heinz se aanbod
Unilever het ’n lang geskiedenis in Suid-Afrika - dit vervaardig onder meer Sunlight en Omo. Foto: Uniliver Suid-Afrika

Die grootste oorname nóg in die sektor vir kos en drinkgoed – een wat Suid-Afrika ook sal raak – het (vir eers) deur die mat geval.

Unilever het Kraft Heinz se aanbod ter waarde van $143 miljard van die hand gewys omdat dit die maatskappy “grondliggend onderwaardeer”.

Kraft Heinz is volgens markwaarde én verkope ’n baie kleiner maatskappy, en dit lyk asof hy dit nie so maklik gaan regkry om sy groter neef in te sluk nie. Die aanbod is Vrydag gedoen – en ook Vrydag verwerp.

Unilever sien geen rede om verder met Kraft Heinz te onderhandel nie, volgens ’n verklaring.

Kraft Heinz is egter nie van plan om tou op te gooi nie, berig Bloomberg.

En, soos Suid-Afrikaners agtergekom het met Anheuser-Busch InBev (AB InBev) se onderhandelinge om SABMiller te koop, die eerste aanbod is selde die laaste woord wanneer reuse ter sprake is. AB InBev het sy aanbod twee keer verhoog voordat die SABMiller-direksie sy knik vir dié bier-mengeldrankie gegee het.

Kraft Heinz se aanbod vir Unilever het neergekom op $50 per aandeel, waarvan twee derdes kontant en die res in nuwe aandele betaal sou word.

’n Samesmelting van dié twee reuse sal ’n megamaatskappy skep wat verbruikersgoedere en kos soos Dove-seep en Heinz-tamatiesous verkoop.

Unilever se produkte. Bron: Unilever Suid-Afrika

Unilever, ’n Brits-Nederlandse multinasionale maatskappy, vervaardig kos, drinkgoed, huishoudelike skoonmaakmiddels en toiletware. Volgens dié maatskappy se webwerf gebruik 2 miljard mense wêreldwyd elke dag Unilever-produkte.

Die maatskappy het van meet af aan ’n sterk teenwoordigheid in Suid-Afrika gehad.

Unilever Suid-Afrika het in 1887 Suid-Afrika toe gekom toe Williem Lever, stigter van die firma Lever Brothers (’n voorganger van Unilever), ’n ikoniese handelsmerk, Sunlight, in 1887 hier geregistreer het.

Unilever Suid-Afrika het nou sewe fabrieke en vervaardig onder meer Omo, Surf en Lipton-tee. Remgro, die beleggingsbeheerfirma onder beheer van dr. Johann Rupert, besit 28,5% van Unilever Suid-Afrika.

Unilever het 13 produkte waarvan verkope vir elkeen meer as €1 miljard per jaar werd is.

Sy totale verkope vir 2016 was €52,7 miljard (byna $56 miljard) werd.

Kraft Heinz is ’n Amerikaanse maatskappy en reeds die gevolg van ’n samesmelting in 2015. Hy vervaardig hoofsaaklik versnaperings en bymiddels soos tamatiesous. Hy het 13 produkte waarvan die verkope vir elk meer as $500 miljoen per jaar werd is.

Sy totale verkope vir 2016 was $26,5 miljard.

As die twee maatskappye wel saamsmelt, sal hulle ’n reus skep met verkope van byna $85 miljard per jaar.

Unilever, wat in Londen en Amsterdam genoteer is, se aandeelprys het Vrydag met meer as 13% gestyg, wat die maatskappy ’n markwaarde van bykans €131 miljard gee. (Dis nagenoeg $139 miljard.)

Kraft Heinz se aandeelprys op die New Yorkse Aandelebeurs was teen 19:15 Suid-Afrikaanse tyd reeds byna 8% hoër, wat dié maatskappy se markwaarde op $106,24 miljard plaas.

As die maatskappye saamsmelt, sal die nuwe maatskappy net-net kleiner wees as die wêreld se grootste kosmaatskappy, Nestlé, wat verkope van $91,2 miljard het.

Ontleders bespiegel dat Kraft Heinz dalk volgende ’n aanbod sal oorweeg nét vir Unilever se kosafdeling omdat hy nie self huishoudelike of toiletware verkoop nie, berig Bloomberg.

Die transaksie sal selfs groter wees as die oorname van SABMiller verlede jaar deur Anheuser-Busch InBev, wat nagenoeg $123 miljard werd was.

Die beleggers agter die aanbod vir Unilever was ook betrokke by die AB InBev-oorname, toe Kraft en Heinz saamgesmelt het en toe Burger King en Tim Hortons in 2014 saamgesmelt het. Warren Buffett van Berkshire Hathaway was saam met 3G Capital betrokke by laasgenoemde twee.

Bronne: Unilever, Kraft Heinz, Wikipedia, Bloomberg

Die produkte van onderskeidelik Kraft en Heinz, twee firmas wat in 2015 saamgesmelt het. Grafika: Time Magazine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.