28 April 04:31
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Maatskappye
Zwane baie ingenome oor bankondersoek
Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne. Foto: Deaan Vivier

Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, voel “gevindikeer” deur die besluit van die Mededingingskommissie om samespanning onder banke oor valutahandel te ondersoek.

Volgens ’n verklaring voel hy dit regverdig “die oproep wat hy verlede jaar gemaak het vir ’n ondersoek na die banke”.

Zwane, wat allerweë as ’n bondgenoot van pres. Jacob Zuma en vriend van die omstrede Guptas beskou word, het in 2016 gesê banke moet ondersoek word, maar dit het glad nie gehandel oor valutahandel, wat nou ter sprake is, nie. Dit het gegaan oor banke se reg om hul verhouding met kliënte te beëindig.

Ná Zwane se uitsprake, wat volgens hom gemaak is namens lede van die kabinet wat die saak ondersoek het, het Zuma teruggekrabbel en gesê ’n ondersoek word nie beoog nie.

Pravin Gordhan, minister van finansies, was nie deel van die kabinetspan wat die saak ondersoek het nie. Die tesourie het wel gesê hy ondersteun die ondersoek.

Absa, FNB, Standard Bank en Nedbank het almal verlede jaar die rekeninge gesluit van Oakbay Investments, die firma wat die Gupta-ryk beheer, en hul filiale. Tot op hede het die banke nog nie uitgestippel waarom die rekeninge gesluit is nie, maar dit gaan oor verdagte transaksies. Banke word ingevolge wetgewing verplig om transaksies van sekere bedrae aan te meld en ook indien daar enige vermoede van ongerymdhede bestaan.

Gordhan het verlede jaar ’n hofaansoek gebring om die hof te vra of hy die mag het om in te gryp wanneer kliënte soos die Guptas pleit dat hul rekeninge heropen word. Gordhan het in sy hofaansoek transaksies ter waarde van R6,8 miljard uitgelig wat deur Gupta-firmas se rekeninge gevloei het en waaroor vrae bestaan.

Die saak word op 28 en 29 Maart in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Zwane het glo ’n rol gespeel toe die Guptas se Tegeta Resources die Optimum-myn van Glencore aangeskaf het. Optimum was haaks met Eskom oor steenkoolkontrakte vir sy kragstasies.

“Ons vertrou die ondersoek sal vinnig afgehandel word, aangesien dit ook die mynbousektor regstreeks raak. Belangriker nog, dit het ’n regstreekse impak op ons doelwit van radikale transformasie van die mynbousektor, en groter eienaarskap deur swart mense,” sluit Zwane sy verklaring af.

Radikale transformasie en groter swart eienaarskap was die sleutelfrases van Zuma se staatsrede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.