23 Augustus 14:02
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Aftrede
Vroue en aftrede: Voorkom só ’n enorme skok
Maak seker daar is genoeg eiers in jou aftree-nes - nie net terwyl jou man leef nie, maar ook daarna. Foto: Pixabay

Vroue is baie goed met die dag-tot-dag-beplanning van hul en hul gesin se geldsake, maar sku nog weg van besluite oor hul aftrede.

Dit beteken die meeste Suid-Afrikaanse vroue gaan ’n enorme skok kry ná hul aftrede tensy hulle hul aftreeplan dringend in oënskou neem.

Navorsing toon dat vroue se beplanning vir aftrede om die minste te sê gebrekkig is – ongeag of hulle enkellopend, geskei of getroud is.

Volgens Sanlam se syfers dra net 47% van Suid-Afrikaanse vroue tot ’n aftreefonds by. Vir mans is dit nie veel beter nie, maar dis darem meer as die helfte op 53%.)

Vir getroude vroue is die probleem dat baie steeds reken hul man se aftreeplan sal voldoende wees.

Die aftreefirma Just se navorsing dui daarop dat vroue se lewensverwagting tot vier jaar langer is as mans s’n, en dat vroue met mans trou wat gemiddeld drie tot vier jaar ouer is. Dit beteken dat vroue gemiddeld tot agt jaar langer op die aftreespaargeld moet oorleef – en daar is selde voorsiening gemaak daarvoor.

“Nie net kan vroue verwag om alleen oud te word nie, die meeste se geld sal ook opraak voordat hulle sterf,” waarsku Deane Moore, uitvoerende hoof van Just.

Wenke
  • Praat: Praat gereeld oor jou geldsake met jou lewensmaat en ’n adviseur wat jy vertrou.
  • Beplan: Stel saam met jou lewensmaat en adviseur ’n plan vir die gesin op waarin julle jul doelwitte uiteensit en jul bates en laste ontleed.
  • Leer: Doen moeite om jou bankstate te ontleed en meer oor beleggings te leer. “Hoe meer jy weet en verstaan, hoe makliker word dit om goeie finansiële besluite te neem,” sê Ramalho.
  • Neem verantwoordelikheid: Speen jouself van die ingesteldheid dat iemand anders “mos” in beheer is.

Die dood is natuurlik nie die enigste finansiële terugslag wat vroue met hul aftreegeld kan ervaar nie. Egskeiding kan ’n gevoelige knou vir albei partye se aftreebeplanning wees, maar vroue is veral kwesbaar.

Die mediaan-ouderdom waarop vroue skei, is 40, volgens Statistieke Suid-Afrika se syfers. (Mediaan is die ouderdom presies in die middel, met ewe veel ouer vroue wat skei as jonger vroue.)

Dit is laat in die dag om na jou aftreeplan te kyk, maar vroue móét wanneer hulle skei daardie somme doen.

Madelein Marais, regsadviseur by Old Mutual, sê gegewe Suid-Afrika se hoë egskeidingskoers kan vroue nie net op ’n lewensmaat staatmaak vir finansiële veiligheid nie.

Dit gaan nie met my gebeur nie

Die syfers toon vroue dink glad nie dat die ergste met hulle kan gebeur nie. Net 10% dink byvoorbeeld daaraan dat hul aftreeplan deur die dood of egskeiding geraak kan word en net 55% van vroue (teenoor 72% van mans) het hoegenaamd ’n idee wat die teikenbedrag is wat hulle vir aftrede nodig het, volgens Sanlam.

Te dikwels, omdat vroue so besig is om ’n bestaan te maak en na hul gesinne om te sien, plaas hulle hul eie finansiële toekoms op die agterste plaat.
Mellony Ramalho van African Bank

Mellony Ramalho, hoof van African Bank se verkope, sê dis bemoedigend hoe vroue beheer neem van hul skuld en spaargeld, maar laat hul langtermyn- finansiële sake soos aftreebeplanning en beleggings aan hul lewensmaats oor.

Dan “spartel” hulle in die geval van egskeiding of die dood van hul lewensmaat.

Sy maan dat dit baie moeilik is om geldsake baas te raak wanneer jy pas deur die trauma van dood of egskeiding is.

Yolande Botha en Monique Bräsler, twee finansiële beplanners by Galileo Capital, vertel van een van hul kliënte wie se man in ’n motorongeluk dood is. Hoewel daar voorsiening was, was dit nie genoeg nie. Maar omdat sy so emosioneel was, het sy baie lank gewag voordat sy moeilike finansiële besluite geneem het om haar posisie te verbeter – soos om haar huis te verkoop en af te skaal, haar man se motor te verkoop en hul vakansiehuis te verkoop.

Haar gesloer het meegebring dat sy aansienlik slegter daaraan toe was as wat sy sou gewees het as sy vinniger opgetree het. Maar dit sou heeltemal voorkom kon gewees het as beter beplanning vóór haar man se dood gedoen is.

Lees meer hier: Mevrou, wat nou as jou man wegval?

Wat is die oplossings?

Die heel eerste oplossing is dat vroue baie meer vir aftrede spaar en, as hulle getroud is, baie meer betrokke is by die egpaar se aftreeplan.

Nog ’n moontlike oplossing is dat egpare ’n gewaarborgde inkomste oorweeg met aftrede, dus ’n lewensannuïteit, of minstens ’n kombinasie van ’n lewens- en lewende (dus beleggingsgekoppelde) annuïteit.

Moore sê 90% van Suid-Afrikaners koop lewende, oftewel beleggingsgekoppelde annuïteite, met hul aftreegeld.

Met dié soort annuïteit moet pensioentrekkers self die risiko dra dat beleggingsopbrengs laer kan wees as beplan, en hulle moet ook self die somme doen oor hoeveel kapitaal hulle elke jaar wil onttrek (die wet bepaal ’n band van 2,5% tot 17%).

Moore sê dit skep die risiko dat baie Suid-Afrikaners langer as hul kapitaal kan leef.

Die grootste risiko lê egter by die langslewende, wat in die meeste gevalle vroue is.

“Hulle kan blootgestel word aan die onwaardige situasie dat hulle in die laaste ses tot agt jaar van hul lewe nie hul basiese lewenskoste kan finansier nie.”

Wat die grafika illustreer

Just sê ’n egpaar kan gemaklik R55 000 per jaar (sowat R4 583 per maand) onttrek vir elke R1 miljoen se aftreegeld wat hulle in ’n lewende annuïteit belê wanneer die man op 65 jaar aftree. Hulle kan die inkomste elke jaar met die inflasiekoers laat styg. (Die som veronderstel ’n beleggingsopbrengs van inflasie plus drie persentasiepunte ná alle koste, wat gematig is in die huidige omgewing.)

Vir die volgende 18 jaar – totdat die man op 83 jaar sterf – gaan alles voor die wind.

Maar oor die volgende agt jaar – totdat die vrou, wat in dié voorbeeld vier jaar jonger is en op 87 jaar oud sterf – moet sy geleidelik met al hoe minder klaarkom. Haar reële inkomste (nadat inflasie verreken is) val eindelik tot minder as R15 000 per jaar (net R1 250 per maand).

Just sê met ’n kapitaalbelegging van R465 000 sou die paartjie op 65-jarige ouderdom ’n inkomste van R35 000 per jaar (dus 65% van die R55 000 wat met die lewende annuïteit onttrek is) kon koop wat uitbetaal totdat die langslewende sterf en wat met inflasie styg elke jaar.

Moore sê dis baie belangrik dat vroue deelneem aan alle gesprekke oor finansiële beplanning vir aftrede.

“Te dikwels, omdat vroue so besig is om ’n bestaan te maak en na hul gesinne om te sien, plaas hulle hul eie finansiële toekoms op die agterste plaat,” sê Ramalho.

“Ons wil vroue aanmoedig om verder te dink as die huishoudelike begroting en meer breedweg te begin dink oor hul finansiële toekoms.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1362,75 (-4103)
  • Top 40 49588,43 (55944)
  • All Share 56033,95 (58342)
  • Resource 10 34729,82 (33650)
  • Financial and Industrial 30 78910,73 (89818)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.