24 Junie 07:26
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Geldsake
Nico van Gijsen: Vrees is ’n slegte adviseur
Nico van Gijsen

Nóg ’n week, nóg slegte nuus. Ons is weer afgegradeer en ons is tegnies in ’n resessie. En die regerende party steun steeds ’n politieke nar wat nie ’n flenter omgee vir die land of sy mense nie.

Maar ek wil waarsku: Moet jou nie in ’n negatiewe finansiële moeras laat insleep nie. Ek besef dit kan moeilik wees, veral as die geldjies reeds skraps se kant toe neig. Dit is juis dan wanneer emosie die oorhand kry.

Emosie kan ’n groter negatiewe invloed op jou beleggings hê as markbewegings.

Daar is twee emosies ter sake: vrees en gierigheid. Albei laat jou foute maak, want jou besluitneming is nie rasioneel nie.

Gierigheid is sommer onnosel. Vrees is werklik. En slegte nuus, polities en ekonomies, kan vrees aanblaas.

Nuus, per definisie, is dít wat verby is. Dis hoe jy daarop reageer wat belangrik is.

Die eerste stap is om deur die geraas te kyk. Dave Mohr, ekonomiese en beleggingstrateeg van Old Mutual Multi-bestuurders, wys juis daarop dat daar anderkant die wolke tog ’n lig brand.

Inflasie het nie gestyg nie. So ook nie rentekoerse nie. En die rand lyk ook nog heel spoggerig, dankie. Die afgradering is lankal ingeprys en die “resessie” is die gevolg van kwartaallikse agteruitgang. Op ’n jaar-tot-jaar-grondslag het die ekonomie eintlik gegroei.

As jy gaan toelaat dat vrees jou beleggingsbesluite dryf, gaan jy hierdie positiewe tekens miskyk.

Ek wonder soms of mense nie te geneig is om altyd die negatiewe te wíl aangryp nie.

Oppas vir kontant

Gierigheid is sommer onnosel. Vrees is werklik. En slegte nuus, polities en ekonomies, kan vrees aanblaas.

’n Bydraende rede vir die negatiwiteit en gepaardgaande vrees is die “bewyse” daarvoor in die sin dat die mark die afgelope jaar nou nie juis die spreekwoordelike ligte uitgeskiet het nie.

Baie wil nou hul beleggings na kontant skuif. Dis seker verstaanbaar, want die top-40-aandele se prysgroei was die afgelope jaar -1,96% teenoor kontant se skaflike opbrengs van 7,71%.

Maar dit troos net diegene wat nie wíl sien nie.

In die jaar tot verlede week het die top-40 reeds groei van 8,82% behaal teenoor die 3,26% van kontant. As jy dus verlede jaar laat jou geld uit aandele na kontant geskuif het, het jy die groei misgeloop.

Sterkste groei is eerste groei

Hier volg twee belangrike punte. Een, as die mark gedaal het, is sy sterkste groei in die eerste fase van die opwaartse kurwe. Moenie die mark probeer speel nie, want jy gaan dit nie regkry nie.

Twee, navorsing wys oor en oor mense wat uit ’n fonds skuif as dit sleg gaan, doen oor tyd swakker as die fonds waaruit hulle geskuif het.

Die negatiewe nuus hier bo is myns insiens meer ’n beskuldigende vinger na die korrupte politieke kabaal onder Zuma en kie as wat dit noodwendig ’n invloed op jou beleggings gaan hê.

Met jou beleggingsgeld koop jy aandele in Suid-Afrikaanse ondernemings wat behoorlik bestuur word deur top­entrepreneurs, wat wins vir die maatskappy en sy aandeelhouers nastreef.

Die afgradering is reeds in 2015 ingeprys in die mark. Kortom, dis ou nuus vir diegene vir wie dit saak maak. Die wêreld se slimste beleggers weet van die goeie opbrengste wat daar is in ontwikkelende markte – en Suid-Afrika is een van die voorstes.

Hoekom nie ook slim belê nie? Byt vas. Beter dae kom.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur by Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag 

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.