27 Julie 00:37
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Geldsake
Taksombud kry groen lig vir SAID-ondersoek
Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies.

Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, het die belastingombud die groen lig gegee om ondersoek in te stel na klagtes oor vertragings met belastingterugbetalings deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die SAID het Maandag in ’n verklaring sy strenger toepassing en veral moontlike vertragings in BTW-terugbetalings voor die deur gelê van strenger reëls om toenemende bedrog te bekamp.

In dieselfde verklaring bevestig hy die minister het die jawoord oor die ondersoek gespreek en “plaas dit op rekord dat hy sy volle steun aan die ombudsman se ondersoek sal gee”.

“In ag genome onlangse vertellings oor die kwessie van terugbetalings is ons vol vertroue dat die uitslag van so ’n ondersoek die vereiste vertroue in die SAID se stelsels sal verskaf.

“Dit is in belang van die SAID en die publiek dat daar afsluitings en finaliteit oor die kwessie bereik word.”

Baie van die publiek se klagtes hou volgens die SAID verband met BTW-terugbetalings.

“Dit moet uitgelig word dat daar ’n verpligting rus op die SAID om diens te lewer en om te voldoen aan wetgewing – wat insluit dat alle foutiewe aktiwiteite, waaronder bedrog, reg bestuur word.”

Die SAID moes onlangs weens ’n toename in bedrog reageer deur sy risikoreëls te verskerp. Desondanks het die SAID net 11% van sulke gevalle vir ’n indringende oudit verwys.

Rakende terugbetalings van persoonlike belasting is 98,2% binne 72 uur betaal, lui die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1250,31 (2417)
  • Top 40 48563,79 (34050)
  • All Share 54836,19 (33709)
  • Resource 10 33229,6 (29046)
  • Financial and Industrial 30 77697,29 (49712)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.