25 Mei 20:14
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 74%

Saterdag

16°C / 13°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Maandag

20°C / 12°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Dinsdag

20°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Woensdag

18°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Mynbou
Fonds om klein myne te bedryf
Ian Ferguson

Verskeie versoeke om finansiering en ’n oortuiging dat klein mynmaatskappye ’n groot bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie kan lewer, was die inspirasie vir die JSS-mynboubemagtigingsfonds.

“Junior mynmaatskappye sukkel dikwels wêreldwyd om finansiering van finansiële instansies te kry, veral weens die huidige lae hulpbronpryse. Dit is selfs ’n groter probleem in Suid-Afrika,” sê Gaurav Nair, direkteur van die fonds.

“Ek was al verskeie kere saam met junior maatskappye na banke om aansoek om finansiering te doen en die oomblik wat hulle die woorde ‘steenkool’ en ‘myn’ hoor, verloor hulle belangstelling,” sê Ian Ferguson, besturende direkteur van Stefanutti Stocks­myndienste.

Hulle het Vrydag die fonds in Rosebank, Johannesburg, bespreek.

Hy beskryf ’n junior mynmaatskappy as een wat klaar eksplorasie gedoen het, maar nog nooit ’n myn bedryf het nie.

“Ons is tans by so ’n maatskappy net buite Ermelo betrokke en finansier hulle uit ons eie begroting. Ons weet dus dit is moontlik en kan winsgewend wees,” sê hy.

Die fonds wat saam deur Stefanutti Stocks en Jaltech geskep is, is die enigste fonds in sy soort wat volgens art. 12(J) van die Wet op Inkomstebelasting vir waagkapitaalmaatskappye vir mynmaatskappye geskep is.

’n Fonds wat volgens art. 12(J) bestuur word, mag net in Suid-Afrikaanse maatskappye met bates van minder as R500 miljoen belê.

Die JSS-fonds is ’n private ekwiteitsfonds waar beleggers ’n minimum van R5 miljoen vir vyf jaar belê. Die fonds bekom dan ekwiteit in die maatskappy wat hulle ondersteun.

Maatskappye wat wil aansoek doen vir finansiering moet dus in Suid-Afrika geregistreer wees, hul eksplorasie voltooi het, in besit wees van ’n mynlisensie van die departement van minerale bronne asook ’n ondertekende ooreenkoms met ’n kliënt aan wie hy sy produk sal verkoop.

Die maatskappye moet ook dan vir Stefanutti Stocks eerste keuse gee om die myn te ontwikkel of nie. “Dit is baie belangrik om daardie kontrak te hê. Ons wil ons beleggers verseker hulle gaan nie net met ’n gat in die grond sit met niemand wat dan die produk koop nie,” sê Ferguson.

Die fonds verkies om oopgroefprojekte te ontwikkel, en het reeds agt aansoeke om finansiering ter waarde van R703 miljoen ontvang.

Vyf van hierdie aansoeke is vir steenkool, twee vir antrasiet en een vir goud.

“Die fonds bied nie net die geleentheid vir klein maatskappye om hul projekte te finansier nie, maar ook aan beleggers om by hierdie projekte betrokke te raak,” verduidelik Nair.

Beleggers kan ook weens die struktuur en reëls van die fonds groot belastingvoordele geniet, sou hulle belê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.