18 Augustus 22:12
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Mynbou
Rockwell vies vir skuldeiser
'n Foto van Rockwell se webtuiste van sy aanleg in Saxendrift toon.

Die Kanadese diamantmynmaatskappy Rockwell knor omdat een van sy grootste krediteure ter elfder ure hofstukke ingedien het wat ’n belangrike verhoor vertraag.

Dit beteken dat die maatskappy nie dié week uitsluitsel kon kry oor die voorlopige likwidasiebevel teen sy drie Suid-Afrikaanse filiale, Rockwell RSA, HC van Wyk Diamonds en Saxendrift Mine, nie.

Die voorlopige likwidasiebevel is op 23 Maart in Kimberley uitgereik.

’n Verhoor oor of dit ’n finale likwidasiebevel moet word, is vir 22 Junie geskeduleer, maar ná ’n dringende aansoek van Rockwell vervroeg tot 19 April. C-Rock Mining het egter laat op 18 April hofstukke ingedien, sê Rockwell in ’n Sens-verklaring.

“Die maatskappy interpreteer die laat-indiening deur C-Rock Mining as ’n ooglopende poging om sake te vertraag, aangesien hulle ’n maand gehad het om op die beëdigde verklarings oor al drie filiale te reageer, maar dit uitgestel het tot die middag voor die geskeduleerde verhoordatum, wat dit vir die maatskappy onmoontlik maak om betyds te reageer.”

Die dringende aansoek word nou op 26 April aangehoor, maar Rockwell sê soos hy verstaan, gaan die verrigtinge bloot ’n verhoordatum in Mei vaspen.

Rockwell het sedert die voorlopige likwidasie-aansoek om sakeredding aansoek gedoen, wat effektiewelik die likwidasieproses stuit.

As sy aansoek om sakeredding suksesvol is, sal ’n praktisyn verantwoordelik vir die sakeredding aangestel word om die maatskappy te help herstruktureer deur insette en toestemming van krediteure te verkry en strategiese alternatiewe te oorweeg.

C-Rock, die kontrakteur wat aansoek gedoen het om Rockwell se diamantmyne te likwideer, het vantevore gesê al wat hy wil hê, is sy geld.

“Rockwell skuld ons R77 miljoen vir ’n herwinningsaanleg wat ons by die Wouterspanmyn gebou het. Ons wil nie die myn oorneem nie, ons wil net vir die aanleg en ons werk betaal word.

“Glo my, ons sou nie aansoek gedoen het om die myne te laat likwideer as ons geen ander uitweg gehad het nie,” sê Melchior van Niekerk, uitvoerende hoof van C-Rock.

Rockwell het ook Vrydag aangekondig hy het aansoek gedoen om te denoteer van Toronto se hoofaandelebeurs en om eerder op die waagkapitaalbeurs te noteer.

Verhandeling in die maatskappy se aandele op sowel die Toronto-beurs as die JSE is vantevore opgeskort weens die onsekerheid oor die likwidasie-aansoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.